Category: Gedigte
-
Vir U wingerd het U die nasies uitgedryween het U ons as stok geplant vir druiwe. (Ps 80:9)Ons wortels het gegroei onder U seën (Ps 80:10).en het aan die berge sy skadu verleen. (Ps 80:11) Waarom het U ons mure afgebreek? (Ps 80:13)Verbygangers kan hulle toe wreek. (Ps 80:13)Ons is soos ‘n onkruid verbrand –…
-
As die dooie liggame tussen julle lê (Eseg 6:7),dan sal julle leer:Ek is die Heer! As julle lyke tussen julle afgode stink (Eseg 6:13),dan sal julle leer:Ek is die Heer! Wanneer jul land verval na verlate woestyn (Eseg 6:14),dan sal julle leer:Ek is die Heer! Wanneer julle vir jul afskuwelike dade betaal (Eseg 7:5,9),dan sal…
-
Die man wat hom met My versoen,wat reg laat geskied en reg doen,hy wat na My voorskrifte strewe,vir hom sal Ek laat lewe. (Eseg 18:5-9) Maar as sy wilde seun nie leeren bly om ander se vroue te onteeren nie die sonde ontsien, sal hy die dood verdien! (Eseg 18:10-13) Maar as die kleinseun doen…
-
Ek wil met jou praat, so jy moet staan!Ek wil dat jy na die Israeliete toe gaan,hulle is ‘n weerbarstige volk,maar jy moet My boodskap vertolk. (Eseg 2:1-6) Open jou mond en eet wat Ek jou bied:Eet die boekrol met die hartseer lied. (Eseg 2:8-10).Die Here het my hierdie boekrol laat eetsodat ek die inhoud…
-
Die hemel het in ‘n visioen oopgegaanvir ‘n boodskap wat ek moes verstaan. (Eseg 1:1)‘n Hewige storm uit die Noordebring vir my God se woorde. (Eseg 1:4) Uit die wolk het vlamme geflitsen blinkend teen die wit metaal geblits.Vier wesens het daaruit gekommet vier gesigte elk wat verstom.Hulle bene was reguit geweesmet kloue soos die…
-
Nebukadnesar het weer gedroom,die keer van ‘n reuse boom.Die boom het egter in die slag geblyen daarvan het net ‘n stomp agter gebly. (Dan 4:20-23) Die Allerhoogste het oor u besluit:U gaan uit die samelewing uit.U sal soos ‘n dier moet leef,tot God U sonde vergeef. (Dan 4:24-26) Breek met u sonde en ongeregtigheid.Doen reg…
-
So sê die Here oor Edom:“Al die nasies moet kom!Saam moet ons oorlog maak,want teen Edom het Ek ‘n saak!” (Ob 1:1) Jy is deur jou vermetelheid mislei.Jy dink: Wie sal my hier bo kan afkry?Al het jy tussen die sterre jou vesting gebou,ook daar sal jy jou oortredings berou… (Ob 1:2-4) Daardie dag sal…
-
Ek sien ‘n man met linneklere aan‘n Vierde visioen, moeilik om te verstaan.Sy liggaam het geskitter soos ‘n edelsteen,soos gepoleerde brons, sy been. (Dan 10:1-8) Toe ek die man hoor praat,val ek in bewustelose staat.‘n Hand het my gerusgestel:“Ek wil jou die toekoms vertel.Dis opgeteken in die boek van Waarheid:Konings en volke se komende stryd.”…
-
Ek het uit Skrifte van Jeremia vasgesteldat die ballingskap sewentig jaar sou tel.Daarom het ek tot God gebiden my kop vastend met as gewit. (Dan 9:1-3) Ontsagwekkende God, U handhaaf u verbond en u trouteenoor dié wat U liefhet en U gebooie hou.Ons het gesondig en ons het oortree – nie volgens U bepallings, maar…
-
Ek het ‘n skaapram sien staan.Hy het almal gestoot en verslaan. (Dan 8:1-4)Toe kom ‘n bokram met ‘n horing wat verstom:Die skaapram was nie opgewasse teen hom. (Dan 8:5-7) Op die hoogtepunt van sy mag,breek die groot horing en so sy krag.Vier horings het toe uitgekomen uit een ‘n nuwe, maar half krom. (Dan 8:8-9)…
