Ek het ‘n skaapram sien staan.
Hy het almal gestoot en verslaan. (Dan 8:1-4)
Toe kom ‘n bokram met ‘n horing wat verstom:
Die skaapram was nie opgewasse teen hom. (Dan 8:5-7)
Op die hoogtepunt van sy mag,
breek die groot horing en so sy krag.
Vier horings het toe uitgekom
en uit een ‘n nuwe, maar half krom. (Dan 8:8-9)
Sy mag het so uitgebrei en gegroei,
dat hy met die hemelse leërmag kon stoei.
Hy het aanvalle na die Hoof daarvan gesteek
deur sy heilige tempel en rituele af te breek. (Dan 8:10-11)
Bekommerd vra ek jou:
Hoe lank sal dié dinge aanhou?
God is in beheer van die stryd –
Dit eindig op ‘n vasgestelde tyd! (Dan 8:12-14)
Kan iemand die visioen vir my belig?
“Gabriël, verklaar vir Daniël die gesig!”
Dit gaan oor die einde se tyd,
want dan loop God se toorn uit. (Dan 8:15-19)
Die betekenis van die skaapram
is die Meders en Perse se stam.
Die harige eenhoring bokram
is Griekeland wat almal verlam.
Hoe jy die vier horings moet verstaan,
is dat vier koninkryke uit hom sal ontstaan. (Dan 8:20-22)
Op die hoogtepunt van hul venyn
sal ‘n hardvogtige koning verskyn.
Hy sal met vindingrykheid slaag
en selfs die hoogste Regeerder daag. (Dan 8:23-25)
As vervolgdes sy vernietiging wens
gebeur dit sonder die toedoen van ‘n mens! (Dan 8:25)
Wat jy hieruit moet leer
is dat dit werklik gaan gebeur. (Dan 8:26)
As jy gebeure na sou speur
sal jy sien dit het presies so gebeur.
Op die hoogtepunt van hulle pyn
het Jesus, as Lam, op die toneel verskyn! (Joh 1:29)
So het Daniël se “einde van die tyd”
die Ou Testament afgesluit.
Sit jy midde in ‘n krisis en ramp?
Voel jy hoe die bokram jou stamp?
Lees hierdie hoofstuk weer,
want midde hierin is God in beheer.
As jy Openbaring nou bestudeer
sal jy presies sien wat gaan gebeur.
Op die hoogtepunt van aardse pyn
sal die Lam op die toneel verskyn! (Op 13:5-8)
Al voel jy nou die horing van die ram,
jou naam is in die boek van die Lam. (Op 5:6-10)
So sal die “einde van die tyd”
die Nuwe Testament ook af kom sluit.
Leave a Reply