Prediker

with No Comments

Prediker dink oor die sin van die lewe,
ja, dit waarna jy eintlik moet strewe…

Sit op die eerste bril, my kind:
“Alles kom tot niks, dis ‘n gejaag na wind.” (Pred 2:17)

Die boek beskryf drie soorte mense:
Vir die eerste is plesier sy wense.
Ander leef reg, maar hul ambisie vertrap en verkul.
Vir die derde is kuns, teater en musiek wat hul vervul.

Is jy nie God se kind,
is dit ‘n gejaag na wind!

Sit op die bril van geloof,
dan sien jy wat God beloof:
Dis ‘n gawe uit God se hand
dat jy met vreugde kan eet van jou land! (Pred 2:24)

Dink aan jou Skepper in jou jeug,
dan sal jy jou ook in jou oudag verheug. (Pred 12:1)

‘n Gejaag na wind?
Nie vir God se kind!
Dien jý vir God?
Hou jý Sy gebod! (Pred 12:13)

30 jaar getroud

with No Comments

Dertig jaar getroud
(losweg berym op Spreuke 31)

‘n Vrou vir my vir dertig jaar geleen –
knap en meer werd as edelsteen!
Ek steun op haar by die kerk,
en pluk haar vrugte by my werk. (Spr 31:10-11)

Sy maak mooi lappies bymekaar
en stik mooi klere aanmekaar
Voor almal se dag nog begin,
maak sy kosblikkies vir die gesin. (Spr 31:14-15)

Haar hande staan vir niks terug:
Dit klop en genees kinder longe,
dit ondersteun akrobaat spronge,
dit bid aanhoudend vir God se lig. (Spr 31:17)

Sy het ‘n oop hand vir die wat sukkel,
sy kan in behoeftiges se hart inwikkel.
By ‘n begrafnis se vreeslike seer,
ondersteun sy weer en weer… (Spr 3120

Oor haar gesin is sy gerus as die winter begin –
almal het warm klere en is in hulle onezees in.
Nuwe beddegoed as dit bleek begin raak,
selfs matrassies uit kussings gemaak. (Spr 31:21-22)

Haar man is welbekend by die kerk,
waar hy as leier en ouderling werk,
maar háár voorbeeld het Hom na die Here gelei,
deur háár het hy geleer wat gebed reg kan kry. (Spr 31:23)

Alles aan haar spreek in werklikheid
van ‘n sterk en edel persoonlikheid.
As sy praat, is dit met wysheid.
As sy lei, kom die liefde uit. (Spr 31:25-26)

Sy is gereeld in die gym, kan mens sien,
‘n lyfie deur harde werk verdien.
Maar nog mooier om van haar te sien:
‘n Geestelike fiksheid van die Here dien. (Spr 31:30)

Haar kinders prys haar,
haar man bewonder haar:
Jy oortref alle ander vrou,
ons is so lief vir jou! (Spr 31:28-29)

Spreuke

with No Comments

Wat die boek Spreuke probeer,
is om mense wysheid te leer:
Kennis begin met die dien van die Heer! (Spr 1:2,7)

Die meeste van jou smart
se oorpsrong is jou hart..
As die wyse begin praat
kan ander daarby laat baat (Spr 4:23, 10:3)

Wysheid waarsku teen die slegte vrou
Haar pad lei na die dood vir jou…
‘n Knap vrou is soos ‘n edelsteen
Op haar moet jy eerder steun! (Spr 2:16, 5:3-5)

Liewer te min hê en reg lewe
as om oneerlik na geld te strewe
Dis die seën van die Heer wat rykdom bring
Jou geswoeg verdien nie ‘n enkele ding! (Spr 16:8, 10:22)

As drank jou slingerend maak
wys dit dat wysheid jou nie raak… (Spr 20:1)

Moenie op jou eie probeer leer,
vertrou eerder op die Heer.
Jy moet Hom in alles ken
dan sal jy die regte pad herken! (Spr 3:5-6)

Bemoediging uit II Kor 1:3-11

with No Comments

Aan die Vader van ons Here Jesus Christus,
kom al die lof toe, ja gewis!

Hy, die Vader, bring ontferming mee:
Dis Hy wat in elke omstandigheid moed gee.
Dieselfde bemoediging wat ons ontvang
is wat julle weer van ons verlang.
Net soos daar vir ons ‘n oorvloed van lyding in Christus is,
is daar ook vir ons ‘n oorvloed van bemoediging deur Christus.

Word ons dus in beproewing gestort
is dit dat julle bemoedig en gered kan word.
As ons bemoedig word deur God se werk,
is dit om julle te bemoedig en te versterk,
sodat julle met geduld dieselfde lyding kan verduur
wat ons ook deurgaan in hierdie harde uur.

Ons weet dat, net soos julle saam met ons deel het aan die lyding,
julle ook deel aan die bemoediging vir die bevryding.
Die swaar wat ons in Asië moes verduur,
was ver bo ons kragte in daardie uur:
Ons het selfs ons hoop om te lewe laat vaar…
Dit het vir ons gevoel asof ons die doodvonnis ervaar!

Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself moes vertrou,
maar God, wat die dooies opwek tot die lewe, moes onthou.
Hy het ons uit so ‘n groot doodsgevaar gered
en Hy sal weer – dis die vastigheid wat ons het!

Ons vertrou God se redding sal vir ons kom
omdat julle daarin saamwerk in gebede tot Hom!
So sal die gebede van baie ‘n seën van God vir ons bring,
en dan sal baie Hom vir ons dank en lofliedere sing!

HOOGLIED – DIE MOOISTE LIED.

with No Comments

Die eerste ontmoeting (Hooglied 1:1 -2:7).

Soen my, soen my weer en weer
dis wat ek meer as wyn begeer…

Kom ons juig, ja kom
wees vrolik, om en om.

Ek is bruin gebrand
soos tente in die land.
Maar ek is mooi
sag, soos leer gelooi.

Jy wat ek liefhet, sê vir my
waar laat jy jou lammers wei?

As jy dit nie weet
mooiste van alle vroue,
volg die spore van hul kloue
en laat jou bokkies eet.

Soos ‘n spogperd, ja
in Farao se wa
so is jy vir my,
liefling aan my sy.

Jou lieflike rooi wang;
jou oorbelle hang;
kettinkies om jou nek;
nog meer maak, sal ek.

My nardusparfuum se geur versprei.
Hy wat ek liefhet is vir my
soos mirre wat tussen my borste lê-
hennablomme hy wat ek liefhê.

My liefling, jy is mooi.
Jou oë soos duiwe, mooi.
Man wat ek liefhet, mooi.
Jy is aantreklik, baie mooi.

Ons bed is van blaar,
seders, die balke klaar,
sipresse die daklatte daar…

‘n Lelie tussen dorings, sy,
so is my liefling vir my.
‘n Appelboom tussen ander, hy,
die man wat ek liefhet vir my.

Graag sit ek in sy skaduwee rond.
Sy vrugte so soet in my mond.

Die liefde gaan my verteer:
Met appels moet jul my verfris
met rosyne moet jul my versterk.

Sy linkerarm onder my
met regterarm omhels hy.

REFREIN
Ek smeek julle vroue
luister voor julle troue:
Moenie die liefde wakker maak
voor die tyd ryp daarvoor raak!

Voorbereiding vir die huwelik (Hooglied 2:8-3:5).

Sy sing ‘n lentelied:
Die man wat ek liefhet:
Oor die berge spring hy.
Wip oor die rante na my.

Die man wat ek liefhet:
Soos ‘n ribbok spring hy.
Soos ‘n takboklam na my.

Die man wat ek liefhet:
By die venster kyk hy.
Loer deur die latwerk na my.

Die man wat ek liefhet:
Staan op my liefling sê hy.
“Kom” roep hy na my.

Hy ervaar ook die lente…
Die reëntyd is verby.
Die bloeisels lok die by.
Dit het tyd geword om te sing.
Die tortelduif het klanke gebring.
Die bome is vol vye.
Die druiwe staan in rye.

Staan op my liefling sê hy.
“Kom” roep hy na my.
Die broers hou haar terug:
Jy moet klein jakkalsie kom vang
wingerde verniel – daarvoor is ons bang.

Sy droom:
Op my bed het ek na hom gesoek:
In die stad, in die strate, om elke hoek,
skaars was ek by die wagte verby,
of ek het hom wat ek liefhet gekry.

REFREIN
Ek smeek julle vroue,
luister voor julle troue:
Moenie die liefde wakker maak
voor die tyd ryp daarvoor raak!

Huweliksklokke (Hooglied 3:6 – 5:1).

Wie is dit wat soos ‘n rookwolk kom?
Met die geur van mirre rondom hom?
Op sy drastoel begelei deur sestig man-
elk met ‘n swaard wat oorlog kan.

Die drastoel is van Libanonhout,
die pote silwer, die leuning goud.
Op sy kop die troon bo al sy deugde,
Op die dag van sy huweliksvreugde.

Jy is mooi, my liefling.
Jou oë is soos ‘n duiwekring.
Jou hare se lang lokke
huppel soos ‘n trop bokke.

Jou tande in ‘n ry so wit
soos tweelingskape in gelid.
Jou lippe is skarlakenrooi,
bekoorlik jou mond so mooi.

Die versiersels op jou kop
is soos granaat uitgedop.
Die aan jou nek vermeld
is soos die skild van Dawidsheld.

Jou borste is soos ‘n tweeling takboklam
wat wei tussen lelies by die dam.
Liefling, mooi is alles aan jou.
Niks aan jou verkeerd, my vrou.

Kom saam met my van die berg
waar lans en luiperd terg.
Een kyk het ons gedeel
en sy het my hart gesteel.

Jou liefkosings en samesyn
is beter as ‘n beker wyn.
Lekkerder jou parfuum se ruik
as al die kruie in die kruik.

Jou lippe proe soos heuningstroop,
jou tong soos dikmelkdoop.

My bruid is ‘n tuin,
‘n afgekampte fontein.
Jou liggaam ‘n lushof dig,
granaatbome met keurig vrug.

Hennastruik en ander krui,
nardus, safraan en kaneel daarby.
Borrelende put in my tuin,
waterstrome uit die fontein.

Kom wind, waai my tuin deur.
Versprei suidewind die geur.
Die man wat ek liefhet arriveer,
hy kom die vrugte keur.

Ek is in die tuin van my bruid.
Ek pluk van die mirre en kruid.
Ek eet vars heuning uit die kelk.
Ek drink my wyn en my melk…

Ware liefde vrees verwydering (Hooglied 5:2 – 6:3).

Sy droom…
Vas en diep geslaap het sy.
Haar hart het wakker gebly.

Maak vir my oop my duif.
My kop is nat en so my kuif.
My klere is al uitgetrek.
Waarom weer my voete vlek?

Hy steek sy hand deur die opening
en veroorsaak in my hart ‘n skommeling
ek staan op om oop te maak
mirre drup van my vingers naak.

Vir my liefling open ek die deur…
Hy’s weg – my kanse is verbeur!

Ek soek hom, maar hy kom nie.
Ek roep hom, maar hoor hom nie.
Die wagte wat die stad patrolleer
slaan my, hulle maak my seer.

Vroue, as julle hom sien, moet jul keer:
Sê hom die liefde gaan my verteer.

Vroue:
Is dié man dan anders as ander,
mooiste van al die vroue?
Is die man dan anders as ander,
dat jy so smeek vir behoue?

Hy is blakend gesond
en blosend van kleur.
Jy sal hom kan keur
tussen tienduisend rond.
Sy kop is soos suiwer goud,
sy haarlokke soos dadeltrosse.
Kraaiswart soos die bosse
van ‘n digte sederwoud.

Soos duiwe is sy oog,
melkwit gewas by die spruit.
Sy wange soos beddings kruid –
‘n lekkerruik kruie boog.

Soos lelie is sy lip –
mirre vloei oor hulle kant.
Soos stawe goud sy hand,
met edelsteen ingeklip.

‘n Blok ivoor is sy lyf,
met safier in al klaar.
Sy bobeen ‘n marmerpilaar
op goue voetstukskyf.

Libanon-mooi my heer,
soos seders in morestond.
Soet die smaak sy mond.
Hom wil ek begeer!

So lyk die man van my troue.
So lyk my lewensmaat, vroue.

Vroue:
Waarheen is die man wat jy liefhet,
mooiste van al die vroue?
Waarheen is die man wat jy liefhet?
Ons sal help soek vir behoue.

Dan onthou sy die huweliksnag…
My man is na die tuin van sy bruid,
om te pluk van die mirre en kruid,
om sy skape in tuine te laat wei.
en om lelies te pluk en vreugde te kry.
Ek behoort aan die man in my tuine
die man wat ek liefhet is myne!

Die bruidspaar is tot die ore verlief (Hooglied 6:4 – 8:4).

My liefling soos Tarsis so mooi.
soos Jerusalem aantreklik getooi.
Jou hare se lang lokke
huppel soos ‘n trop bokke.

Jou tande in ‘n ry so wit
soos tweelingskape in gelid.
Die versiersels op jou kop
is soos granaat uitgedop.

Baie konininginne en byvroue, daar
maar sy, my duif, volmaak gebaar.
Haar ma se enigste oogappel klaar.
Die jongmeisie staan en staar,
hulle praat met bewondering oor haar.
Koninginne lofsing haar aanmekaar.

Wie verskyn soos dae?
So pragtig soos die maan?
So helder soos die son?
Soos draers van die vlae?

Ek gaan af na die neuteboord
en kyk na die boompies by die spruit
en kyk hoe loop wingerd lote uit
en kyk na granaatboom soort.

Ek ken nie meer vir my,
dis asof sy my laat ry
op die wa gekeur vir stry.

Vroue:
Kom terug, Sulamitiese vrou!
Kom terug,
Dan kyk ons na jou!
Wat wil julle sien aan die vrou
In die soldatekamp dans sy nou.

Jou voete –
edel dogter, mooi in skoen
Jou heupe –
juwele deur kunstenaar gedoen.
Jou naeltjie –
ronde kom vol kruiewyn
Jou maag –
koring met lelies omlyn
Jou borste –
takboklam se tweeling
Jou nek –
ivoorgeboude toring
Jou oë –
stadspoortdamme by Gesbon.
Jou neus –
Damaskustoring op Libanon
Jou kop –
Karmel, die ere berg
Jou hare –
rooi wol wat terg.

My liefste bekoorlik so mooi,
met soveel te geniet – ‘n droom.
Slanke gestalte soos palmboom.
Borste soos druiwetrosse getooi.

Ek gaan op die palmboom kruip
en sy trosse blomme gryp.
Laat jou borste wees – druiwetros,
die reuk van jou neus – appelblos.
Jou mond se goeie wyn gly in
die lippe van hom wat jou bemin.

Ek behoort aan hom wat ek liefhê.
Hy smag na my om by te lê.
Kom laat ons na die veld toe gaan.
Kom ons gaan slaap in die dorpies saam.

Ons gaan vroeg na die wingerd mee.
Ons kyk of wingerd bot waar gesnoei.
en of die granaatblomme bloei.
Daar sal ek my liefde gee.

Die liefdesappels versprei hul geur.
Daar is keurige vrugte by ons deur.
Ek het hulle vir jou gestoor
oud en jonk – om jou te bekoor!

(In die antieke tyd kon jy slegs liefde in die openbaar betoon aan familie…)

Was jy tog maar my broer,
dan sou niemand na my loer
as ek nie net met jou praat,
maar ook sommer soen op straat!

Dan het ek jou geneem na my huis
en jy leer my die liefdeskuns bruis.
Dan het ek jou laat drink in samesyn
granaatsap en van my kruiewyn!

Sy linkerarm onder my
met regterarm omhels hy.

REFREIN
Ek smeek julle vroue
luister voor jul troue:
Moenie die liefde wakker maak
voor die tyd ryp daarvoor raak!

Liefde tot die dood (Hooglied 8:5-14).

Vroue:
Wie kom uit die woestyn met ‘n steun
terwyl sy op hom wat sy liefhet leun?

Onder die appelboom het ek jou gewek.
Daar waar jou ma jou het verwek.
Hou my teen jou bors so warm,
soos die seëlring aan jou arm.

Die liefde is sterker as die dood.
Die hartstog magtiger, so groot
as selfs die doderyk se laaste noot.
Dit brand en vlam soos vuur,
strome water kan dit nie kuur,
afkoel nie eers met ‘n rivier!

As iemand vir liefde met rykdom betaal,
sal hy ‘n spottende gelag op hom haal.

Sy onthou haar broers toe sy jonk was:
Ons suster is nog klein,
haar borste is nog klein.
Wat kan ons vir haar doen
as hulle wil begin soen.

Was sy maar soos ‘n muur,
het ons met torings gesekuur.
Was sy maar soos ‘n deur,
is toegang met seder verbeur.

Ek is ‘n soliede muur
met toringborste wat tuur.
Daarom is ek vir hom
geluk wat na hom kom.

Salomo het ‘n wingerd gehad.
Hy het dit by wagte gelaat –
iemand sou vir die opbrengs gee
ja, elfduisend gram silwer bestee.

My wingerd is net alleen vir my
al sit jy twee duisend gram daarby.
Jy wat in die tuin woon en luister:
Laat ek jou stem sag hoor fluister.

Hardloop, maak soos ‘n ribbok
ja, soos die lam van ‘n takbok.

Salomo, die derde koning.

with No Comments

Adonia het Dawid probeer kul
om so sy koningstroon te vul.
Batseba het Dawid laat verstaan
en hy wys toe vir Salomo aan.

Salomo het wysheid begeer
en hy kry ook rykdom en eer.
Die koningin van Skeba kom kyk
hoe Salomo se wysheid lyk.

Salomo het op God vertrou
en vir Hom die tempel gebou.
Die Allerheiligste het die ark omhul –
deur God se teenwoordigheid gevul.

God hou Sy beloftes stand:
van Egipte tot Babel die land.
‘n Tydperk van vrede daar,
hul het God’s Woord bewaar.

Op perde en mag begin vertrou.
‘n Duisend vroue het hy getrou.
Deur hul afgode is hy verlei.
Tot die ryksverdeling sou dit lei.

Al die konings wat so faal,
vertel almal die een verhaal:
‘n Soeke na die volmaakte Koning –
een wat woon in ‘n ewige woning!

En tog… so, jy moet!

with No Comments

Uit die donker kom ‘n gesug….
En tog is U die Lig?
Lippe barstend hard gekors…
En tog les U alle dors?
Uitgeteer in ‘n hongerdood…
En tog is U lewende brood?
Rykes gryp net meer en meer…
En tog besit U alles, Heer?
Manipuleer, verkleineer, o die seer…
En tog lê U, U lewe neer?
Gesinne in stukke van een wat drink…
En tog loop U op water sonder om te sink?
Wettelose diefstal onverdien
En tog kan U alles sien?
In ouderdom alleen met oë wat soekend staar
En tog is U altyd daar?

Here hoe kan dit wees
as ek dit alles van U lees?

Jý weet dan Ek is die lig –
Vra jý hom hoekom hy sug?
Jý het van my lewende water gedrink –
Dis jý wat vir hom daarvan moet skink!
As joú hele dag ook net oor jou werk gaan –
Hoe gaan die ryke die waarheid verstaan?
Soekendes maak ander so seer –
Joú sagte raad kon dit keer?
As jý dan weet Ek kan verlawing genees
Hoekom was jý nog nie daar gewees?
As jý weet dis gesteel
Help dit as jý daarin deel?
Jý weet dan sy is so allwen
Hoekom gaan jý nie daarheen?

Here, sal U my vergeef?
Ek het net vir myself geleef.

Jou eie kliphart lewe weer:
Nou moet jou dade My vereer:
Die nood daarbuite is groot:
Gaan vandag nog met die Brood
Hou op om tyd te mors:
Gaan en les die dors!
Hou op om heeldag net te werk:
Daar is selfs verlorenes in jou eie kerk
Gaan na hulle wat jy dink dit nie verdien:
Dis juis hulle wat Ek wil laat sien!
Gaan vertel vir hulle wat nie hoor:
Vir hulle wag daar ‘n engelekoor
Ek plaas hulle juis op jou pad:
Gaan wys vir hulle die Skat!

O God, ek kom na U in gebed,
want ek weet nie of ek die gawes het…

Ek sal jou lei deur My Gees
oor watter Woorde jy moet lees.
Ek laat jou na ontvanklike mense gaan
en Ek laat hulle jou gebroke woorde verstaan.
Jy moet net biddend afhanklik wees,
dan praat, deur jou, My Gees!

Dawid, die tweede koning.

with No Comments

Die boek II Samuel wil ons vertel
Dawid gehoorsaam aan God’s bevel.
Politieke sukses het hy gekry.
Jerusalem as hoofstad verkry.

Die voorspoed het begin draai
toe Dawid Batseba sien baai.
As man het hy sy beheer verloor
en ook Uria, haar man, vermoor.

Die profeet Natan sê: “Dit is jy!”
En Dawid het sy sonde bely.
God het hom wel vergeef,
maar hy het probleme beleef.

Die sonde-baba het gesterf
en ook verkragting op sy werf.
Absalom het Ammon vermoor.
Dawid het sy sukses verloor.

Die probleme was net meer,
want Absalom het gerebelleer.
“Absalom, my seun, my seun”,
het Dawid na die geveg geweën.

II Kronieke vertel nie die sleg –
in dié boek doen Dawid alles reg.
Vir die tempelbou die weg gebaan.
Sy nageslag bly vir ewig staan.

Jesus het Dawid se troon gevul,
so is die belofte aan hom vervul.
Soos Dawid sal Hy ons vergewe
en kry ons ook die ewige lewe!

Die oorgangs tydperk

with No Comments

Eli, die priester, het swak regeer.
Samuel weer tot God se eer.
Die volk het ‘n koning verlang.
Rigters na konings, die oorgang.
Saul gesalf, maar later gefaal.
Dawid, ‘n suksesvolle verhaal.

As ons hieruit die les wil leer:
Laat God jou lewe regeer.
Ja, Hy is en bly in beheer.
maar kom ons kyk dieper deur:

Eli, die priester, het swak regeer.
Die woord van God was skaars.
Eli se seuns: Bedrog, barbaars.
In die oorlog op die ark vertrou
Die verlies sou hul swaar berou.

Samuel weer tot God se eer.
Hanna se kinderlose hartsgebed
bring Samuel wat die volk kom red.
“Spreek, Here u dienskneg luister”
Hy herstel die volk se duister.

Die volk het ‘n koning verlang.
Van rigter na koning – oorgang
‘n Eie koning is die volk se bede.
Hul motief is die verkeerde rede:
Hul verwerp die God wat regeer
“Soos ander volke” is wat hul begeer.

Saul gesalf, maar later gefaal.
Die donkie soektog – God in beheer.
Saul gesalf om as koning te regeer.
Aanvanklik het hy oorwinnings behaal.
Later, deur ongehoorsaamheid, gefaal.

Dawid, ‘n suksesvolle verhaal.
Dawid sou later die nuwe koning wees.
Vir Goliat, die reus, het hy geen vrees.
Saul wil hom doodmaak, hy kruip weg.
Saul se uiteinde: Selfmoord in ‘n geveg…

Galasiërs oorsig gedig

with No Comments

Paulus se eerste argument (Gal 1,2).
Hierdie evangelie is regtig waar,
want God het dit aan my verklaar. (Gal 1:11,12)
Ek het die apostels ontmoet na veertien jaar
en toe gesien dat ons die evangelie dieselfde verklaar! (Gal 2:1,2)

Jy word nie van sonde vrygespreek deur die wet te onderhou
maar alleen deur in Jesus Christus te glo en vertrou. (Gal 2:15)

Paulus se tweede argument (Gal 3).
Hierdie evangelie wil nie ou dinge omkeer.
Dis reeds so in die Ou Testament geleer.

Dit staan reeds in Genesis so:
Abraham is vrygespreek omdat hy glo. (Gal 3:8,9)
God het eers in die verbond getree
en vierhonderd jaar later die wet gegee. (Gal 3:17).
Wat ons daarin moet sien
is dat ons niks met wetsonderhouding verdien.

God het Sy Seun gestuur op sy tyd
om ons los te koop van slawerny se stryd.
Ons is as kinders van God aangeneem
en so van al ons sonde vervreem! (Gal 4:4-7)

Paulus se derde argument (Gal 5).
Christus het ons vry gemaak
om werklik vry te wees.
Moenie weer ‘n slaaf raak
van wette wat jul lees. (Gal 5:1).

Deur die werking van die Gees
sal jy verstaan wat jy lees.
Jy word vrygespreek deur te glo.
Plaas jou hoop en verwagting daar bo. (Gal 5:5)

Die wet het net een gebod as jy dieper delf:
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself!
Moenie mekaar byt en verskeur,
laat jou lewe deur die Gees beheer.
Wat jou sondige natuur begeer,
is in stryd met wat die Gees jou leer. (Gal 5:14-17).

Die vrug van die Gees
is liefde, vreugde, vrede,
geduld en vriendelikheid sonder rede.
Goedhartigheid,
getrouheid,
nederigheid,
en om jouself te beheers. (Gal 5:22-23)

1 2 3 4 24