SENDELINGE

SENDELINGE WAT OOR ONS PAD GEKOM HET

TOPIA

(Training of pastors in Africa)
Johannes Aucamp en sy gesin is reeds die afgelope 14 jaar voltyds besig om kerkleiers in Afrika op te lei. Passie vir die Woord en uitleef daarvan oorspeol Afrika.

WILBERT CHIPENYU

Wilbert bestuur die Bybel kollege Dumesani in King Williamstown. Hy het ‘n doktorsgraad in teologie, maar doen die werk daar vir feitlik geen inkomste nie. Soveel so, dat sy gesin in Zimbabwe moet bly. As hy sy gesin gaan besoek, doen hy ook daar uireikwerk (soos op die foto).

Rajesh Kumar

Rajesh doen reeds baie jare sendingwerk in Indië. Hulle werk in ‘n werklike behoeftige gemeenskap en hulle befondsing vir die werk is tans onder groot druk.

ONS WIL GRAAG ‘N TOU WEES

Elke keer as die Here ons ‘n verdere tree laat gee op ons bedieningspad ontmoet ons getroue sendelinge in Sy diens. Dis mense wat met toue in skagte afsak met fakkels. Die Lig skyn so op die erts en ontbloot dan die goud…

Iemand moet die tou vir hulle vashou. Is dit dalk waar die Here jou wil gebruik? Die grootste behoeftes vir hierdie sendelinge is:

  1. Gebed dat die Here hulle sal lei na mense met ontvanklike harte.
  2. Gebed dat die Here nog arbeiders vir die oes sal stuur, want die oes is groot en die arbieders is min.
  3. Bydraes vir Bybels. In sekere areas kan die mense nie lees nie, dan is sonpaneel klank-Bybels die beste. In ander plekke waar hulle kan lees is Bybels in hulle eie taal die voorkeur.
  4. Ons sien dikwels dat, sodra hulle Bybels kry, brilletjie ook nodig is. Jou ou brilletjie of sommer ‘n nuwe Clicks brilletjie, bring trane in die oë van hulle wat weer self die Goeie Nuus kan lees.
  5. Bydraes vir brandstof. Die afstande is groot en die koste om by die mense uit te kom is dikwels die grootste bottelnek. Die sendelinge leef tussen die mense en kan hulle baie beter bedien as ons, maar ons kan help om hulle by die mense te kry.
  6. Ons sien keer op keer dat die sendelinge gewoonlik tevrede is om in eenvoudige omstandighede te leef, met min luukses vir hulleself. Hulle vra nooit iets vir hulleself nie. Enige fondse vloei maar in die bediening in. Tog moet hulle ook leef en oorleef.

As jy iemand is wat die tou wil help vashou sodat die sendeling met die tou in die goudmyn kan afsak om Lig te bring, wil ons graag die tou wees. ‘n Ander manier om daarna te kyk is soos ‘n waterpyp. Die sendelinge gee Lewende water vir om die dors van ‘n dorre wêreld te les. Ons wil graag die pyp wees wat die water, wat julle wil stuur, na sy bestemming toe vat. Ons ry graag na al die bedeiningspunte toe om die sendelinge daar te ondersteun. Dit waarvoor julle bid en of saamstuur kan ons daar gaan aflaai. Ons kan die middele, Bybels en briefies van bemoediging in hulle huise gaan uitdeel. Ons kan tyd daar spandeer en hulle bemoedig uit die Woord en saam met hulle bid vir hulle uitdagings. Saam kan ons die Here eer vir dit wat hy daar op die sendingeveld doen. En daar waar die Here dit so wil, kan ons ook ‘n bietjie opleiding doen en die Woord versprei.

As jy middele wil saamgee (of selfs wil saamry) kontak ons gerus op:

thinus@tisi.co.za

As jy wil bydra tot enige van die bedieningswerk kan jy inbetaal in die TotUeer bankrekening:

Tot U eer
Absa
Tjek 410 629 7032

Ons verkies om nie te weet van wie af dit gekom het nie.
Gebruik eerder die volgende verwysings:

“TotUeer” – as ons dit op enige plek in ons bediening kan gebruik.
“Bybels” – as ons dit net vir Bybels moet aanwend.
Die naam van die sendeling - as dit spesifiek vir daardie sendeling se bedieningswerk moet gaan.

NOG SENDELINGE WAT OOR ONS PAD GEKOM HET

BBM

(Back to the Bible Mission)
Oom Shai en Tannie Elreza Mulder bestuur hierdie sendingwerk. Studente van meer as 30 lande in Afrika bly by BBM en kry hier teologiese opleiding oor ‘n drie jaar tydperk. Afhanklike gebed dra hierdie bediening.

hendrik du plessis

Hendrik en Miriam bedien al 21 jaar in Botswana. Die Here het Hendrik ‘n gawe gegee om baie tale te bemagtig. Onder ander praat hy vlot Boesman en kan hy unieke werk onder hulle verrig. Bybelstories om die kampvuur verlig menige harte.

TANNIE DORETTE

Saam met haar man, oom Thys (wat reeds oorlede is) het hulle ‘n unieke jeugbediening onder die Tswana gemeenskap in Botswana begin. Christusliefde word deur sang in menige kinderhartjies ingegraveer.