Category: Gedigte
-
Winde wat uit al vier rigtings waai,het die see onstuimig laat draai.Vier groot diere uit die see,deel die toekoms mee: (Dan 7:1-3) ‘n Wrede leeu met arendvlerk.‘n Beer met ‘n bek so sterk.‘n Luiperd waar vier koppe uit toring‘n Monster met ystertande en tien horing. (Dan 7:4-8) Op die troon was Hy wat ewig leweSy…
-
Honderd en twintig goewerneurs het regeer,drie ministers was oor hulle in beheer.Die bekwame Daniël het onder hulle getel.Die koning wou hom oor almal aanstel. (Dan 6:1-4) Die ministers en goewerneurs-generaalsoek toe iets waarin Daniël faal.“Ons kon geen onreëlmatigheid sien,kom ons misbruik hoe hy sy God dien.” (Dan 6:5-6) U moet ‘n dekreet uitvaarEn daarin moet…
-
Ek is die magtigste koning verseker: Kyk, ek drink uit hul God se beker!Juis in daardie glorie uurskryf ‘n hand op die muur: (Dan 5:5-8) Getel, getel, geweeg en verdeel.Dis Ek wat met konings speel.Die koning het van vrees gebewe.Dié nag was die einde van sy lewe. (Dan 5:25-30)
-
Wie nie buig en die beeld aanbid,sal ek in hierdie brandoond sit! (Dan 3:4-7)Sadrag, Mesag en Abednego het nie gebuigen moes voor die koning getuig…Besef julle dat julle net dié kans het –watter god sal julle dan uit my mag red? (Dan 3:8-15) Sadrag, Mesag en Abednego gaan toe voortom koning Nebukadnesar te antwoord: Ons…
-
Nebukadnesar het hom oor ‘n droom ontstel.Hy vra toe sy wyses om die betekenis vir hom te vertel.“Mag u lank lewe. Ons sal u droom vir u kan uitlê,maar wat u gedroom het, moet u vir ons sê.” (Dan 2:1-4) “As julle my nie die droom en sy uitleg gee,sal ek julle in stukke kap…
-
Hierdie boek wou Israel leer:Ten spyte van die ballingskap se seer,God bly altyd in beheer. Konings dink hulle sal altyd regeer,maar elkeen lê die tuig weer neer,want God is in beheer. Nebukadnesar wou homself vereer,maar selfs die vuuroond is gekeer.Hy moes soos ‘n dier gras verteeren so het Nebukadnesar hom bekeer,want God is in beheer.…
-
Ellende gaan Ek jul verskafJa, Ek gaan die herders straf.In plaas van liefdevol draag,is My skape uitmekaar gejaag. (Jer 23:1-2) Jojagin regeer nie eers ‘n jaar.toe kom haal die vyand hom daar.Sedekia kom toe in sy plek,straf se tafel is reeds gedek… (II Kron 36:9-10). Maar ek sal self my kudde genees,hul sal hier weer…
-
Julle moet nie vertrou op wat hierdie leuen hou:Dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel!God is heilig,ons is veilig! Maak liewers julle lewe en julle dade reg,anders vat ek julle uit hierdie land uit weg! (Jer 7:1-5)
-
Josia was ‘n skamele ag, toe kry hy koninklike gesag.Hy nie links of regs gewyk,van hoe God se wil gelyk. (II Kron 34:1-3) Hy het Jerusalem godsdienstig gesuiwer.Gegote beelde vernietig sonder huiwer. (II Kron 34:19-25) Terwyl hulle die tempel herstel,het die staatsekretaris kom vertel.Hy het die wetboek voor kom leesen die koning het God gevrees,want…
-
Ek het jou geken lank tevore:Jy was nog nie eens gebore!Toe reeds het Ek jou aan My gewy om as profeet op te tree vir My. “Ag, Here my God ek is nog te jonk, en verder kan kan ek nie goed praat.” Ek gee jou die woorde en vonkDie volk sal baie daardeur baat.…
