WIE IS TOT U EER

Thinus & ELSABé

“Tot U eer” is Thinus en Elsabé se bediening, met die enigste doel: Aan God alleen die eer!

ONS stoRIE

Ons is 34 jaar getroud. Elsabé eer die Here as fisioterapeut en Thinus het ‘n sagteware besigheid. Beide van ons het in gelowige huise opgegroei en ons ouers het vir ons die fondasie gelê.

Die Bybelskool by Lynwoodrif NG kerk, was een van die groot draaipunte in ons lewe. Vir ‘n hele klompie jare het ons daar in ons Bybelkennis gegroei. As mens so gevul word, kan dit nie anders as om oor te vloei nie.

Die Here het Johannes Aucamp, ‘n voltydse sendeling in Afrika, volgende gebruik om ons te stimuleer om buite ons eie gemeente te begin werk. Dit het aanvanklik begin by Back to the Bible Mission. Daar het ons geleer om in afhanklike gebed te bedien, maar ook om dit in Engels te doen. Dit het later uitgekring na naweek bedienings in Zimbabwe. Dit bly nou elke jaar verder uitkring. Lees gerus meer daaroor op ons uitreik bladsy.

ONS BELYDENIS

Ons is lidmate van die Gereformeerde Kerk en ons onderskryf die Gereformeerde leer. Ons vind ons vreugde daarin om die Here te eer deur alles wat ons doen, maar in besonder ook deur ons bedieningswerk.