Esegiël se visioen

Die hemel het in ‘n visioen oopgegaan
vir ‘n boodskap wat ek moes verstaan. (Eseg 1:1)
‘n Hewige storm uit die Noorde
bring vir my God se woorde. (Eseg 1:4)

Uit die wolk het vlamme geflits
en blinkend teen die wit metaal geblits.
Vier wesens het daaruit gekom
met vier gesigte elk wat verstom.
Hulle bene was reguit gewees
met kloue soos die van ‘n bees (Eseg 1:4-7).

Die voorste was ‘n mens se gesig,
links het die bees krag berig.
Die regter gesig: die moed van ‘n leeu
en agter die arend se geskreeu. (Eseg 1:9-12).

Langs elke wese was ‘n wiel vol edelsteen.
‘n Wiel binne ‘n wiel het beweegbaarheid verleen.
Hulle het beweeg waar die Gees wou gaan
en as Hy wou, het hulle gaan staan. (Eseg 1:15-21)

Bokant hulle kop was ‘n gewelf soos ‘n ysberg.
Met twee vlerke het hulle hulle verberg.
Hul vlerke het geruis soos baie mense bymekaar,
soos die gedreun van ‘n leërmag daar vergaar. (Eseg 1:22-25)

Bokant die gewelf was ‘n troon van saffier
met daarop die gestalte van ‘n mens in vuur.
Die glans van die reënboog getuig van trou:
Hierdie magtige verskyning van God sal ek onthou! (Eseg 1:26-28)

Hierdie boek begin met ‘n visioen
sodat jy jou met die Almagtige versoen,
want as Hy weer so kom verskyn,
is dit die einde van aardse pyn!

Ja, die boek waarsku oor oordeel wat kom,
maar ook God se genade wat verstom.
Maar net dié wat in Sy woorde glo
sal deel in die vreugde daarbo…