Die man wat hom met My versoen,
wat reg laat geskied en reg doen,
hy wat na My voorskrifte strewe,
vir hom sal Ek laat lewe. (Eseg 18:5-9)
Maar as sy wilde seun nie leer
en bly om ander se vroue te onteer
en nie die sonde ontsien,
sal hy die dood verdien! (Eseg 18:10-13)
Maar as die kleinseun doen wat ek bepaal,
sal hy nie vir sy pa se sondes betaal:
Ek sal die seun vergewe,
en hy sal dan bly lewe,
maar sy pa sal Ek nie ontsien,
want hy het die dood verdien. (Eseg 18:14-18)
Dis nie My wil dat die goddelose sterf,
maar dat hy hom bekeer en die lewe erf. (Eseg 18:23)
As iemand ophou om goed te doen,
sal sy vorige dade hom nie kan versoen.
Maar as ‘n goddelose hom bekeer,
dink Ek nie aan sy sonde meer. (Eseg 18:21-24)
Moenie met woorde van reg speel –
Ek sal altyd regverdig oordeel! (Eseg 18:25-29)
Oor jou eie optrede moet jy jou kwel
Israel, Ek gaan die oordeel oor jul vel!
Maar jy wat goed doen hoef nie te bewe,
vir jou gee Ek ‘n nuwe gees en lewe!
Jy word gered uit genade alleen,
op grond van Christus se verdienste alleen,
deur die geloof alleen
tot goeie dade sonder perke
en daarom volgens goeie werke.
So doen jy alles volgens Sy gebod,
alles tot eer van die Drie-enige God!