Ek het uit Skrifte van Jeremia vasgestel
dat die ballingskap sewentig jaar sou tel.
Daarom het ek tot God gebid
en my kop vastend met as gewit. (Dan 9:1-3)
Ontsagwekkende God, U handhaaf u verbond en u trou
teenoor dié wat U liefhet en U gebooie hou.
Ons het gesondig en ons het oortree –
nie volgens U bepallings, maar ons eie weë. (Dan 9:4-5)
Na U profete het ons nie geluister
al het hulle gewaarsku ons is die pad byster.
Ons en ons leiers se sonde het al wyer gekring:
Ons het self hierdie ellende oor ons gebring! (Dan 9:4-8)
Here, onse God, U bewys barmhartigheid en U vergewe,
al was ons opstandig teen U in ons hele lewe. (Dan 9:9)
Die vloek was in Moses se boek opgeteken
en U het het die straf oor ons ontketen.
Die straf oor ons regeerders is vervul:
Jerusalem is met pyn en lyding gevul… (Dan 9:10-12)
Ons het ons nie van sonde bekeer,
daarom het U nie die onheil gekeer.
Ons het nie geluister toe U ons wou versoen,
U is regverdig in alles wat U doen! (Dan 9:13-14)
U het u volk met mag uit Egipte gelei,
maar in plaas van dank het U net sonde gekry.
Neem tog U toorn weg van U stad,
want deur ons sonde het U naam ‘n klad. (Dan 9:15-16)
Verskyn tot redding van U heiligdom.
Hoor tog my gebed wat na U toe kom. (Dan 9:17)
Luister nog!
Hoor ons tog!
Sien ons raak!
Vat ons saak. (Dan 9:18-19)
Terwyl ek nog so ons sonde bely,
kom Gabriël aangevlieg na my.
Ek kom met ‘n antwoord na jou toe aan,
luister mooi dat jy die visioen verstaan. (Dan 9:20-23)
Daar is sewentig tydperke vasgestel, (Dan 9:24)
Ek gaan sewentig sewetalle aftel. (Dan 9:24,1953)
In dié tyd word aan sonde ‘n einde gemaak,
versoening word gedoen vir elke saak.
Blywende geregtigheid word tot stand gebring
en word vervul met die tempel se herinwyding. (Dan 9:24,ook 8:24,1953)
Jy moet nou goed verstaan:
Vandat die opdrag van herstel uitgaan
totdat God se Regeerder kom,
gaan nege en sestig tydperke om. (Dan 9:25)
Hy word dan onskuldig doodgemaak
en ‘n ander sal dan koning raak.
Op die hoek van die tempel sit hy ‘n gruwel vir God
en vervolging is dan die Godsvolk se lot…
Maar daar is bepaal wat aan die einde van hom sal word:
God se rampe word dan oor hom uitgestort! (Dan 9:26-27)
Daniël het vir die volk se vergifnis gevra,
God het dit na die hele mensdom oorgedra.
Daniël het vir die volk se herstel gesmeek,
God herstel alle volke in die sewentigste week!
Hierdie belofte geld ook vir jou.
God vra dat jy bely – sommer nou!
Terwyl jy dan nog so bid en vas,
verlig Hy jou juk en las.
Hy sal jou laat verstaan
waaroor dit eintlik gaan:
Wêreldse dinge se einde is bepaal,
dan sal God jou ook kom haal!