Ek wil met jou praat, so jy moet staan!
Ek wil dat jy na die Israeliete toe gaan,
hulle is ‘n weerbarstige volk,
maar jy moet My boodskap vertolk. (Eseg 2:1-6)
Open jou mond en eet wat Ek jou bied:
Eet die boekrol met die hartseer lied. (Eseg 2:8-10).
Die Here het my hierdie boekrol laat eet
sodat ek die inhoud van Sy boodskap weet. (Eseg 3:1-3)
Jy moet vir Israel My boodskap vertaal.
Dis joú volk en in jou taal.
Heidene sou berou het in smart,
maar hierdie volk se koppe is hard! (Eseg 3:4-7)
Moenie bang wees nie – Ek is aan jou kant.
Ek maak jou kop ook so hard soos diamant. (Eseg 3:8-9)
Die wat nie luister sal oor sy eie sonde sterf,
maar as jy hom nie waarsku nie sal jy die blaam erf! (Eseg 3:18-21).
Jy moet ‘n baksteen vat,
maak daarmee ‘n beeld van die stad.
Gooi ‘n beleëringswal teen hom
en stormramme moet rondom kom.
Gaan lê dan op jou linkersy
om so die volk se sonde op jou te kry.
‘n Dag vir elke jaar se sonde teen My:
Drie honderd en negentig dae moet jy so bly! (Eseg 4:1-5).
Vat koring, gars, boontjies en lensies om te eet –
presies net tweehonderd en dertig gram gemeet.
Maak dit op mens uitwerpsel gaar en skep dit in.
Drink water met tussenposes, ook maar min…(Eseg 4:9-12).
Dis ‘n beeld van Jerusalem se hongersnood:
Bekommerd sal hulle gebrek ly aan brood.
Vir water sal hul volgens maat in toue staan,
mekaar met skrik aanskou en van sonde vergaan. (Eseg 4:16-17).
Mens, vat ‘n skerp swaard
en sny af jou hare en jou baard.
‘n Derde moet jy in die stad verbrand.
‘n Derde moet jy fynkap buite in die sand.
‘n Derde moet jy in die wind weg laat waai,
want so gaan ek verwoesting onder hulle saai
Jy moet ‘n klompie hare agterhou:
Werk dit toe in jou klere se vou… (Eseg 5:1-4,12).
As My woede daarna verkoel,
sal hulle weet wat het Ek bedoel.
Eers dan sal hulle verstaan:
Ek was oor hulle begaan… (Eseg 5:12-13).
Moet jy ook eers alles verloor,
voor jy God se boodskap gaan hoor?
Hierdie profeet wil met jou ook praat,
want ook jy het die verbond verlaat.
Luister tog want jy moet verstaan:
Jou God is diep oor jou begaan.
Jy moet in Sý beloftes glo en vertrou
dat Jesus jou in Sy klere toevou.
Uit die dieptes roep ek na U, o Heer,
Moet tog nie my hulp geroep ignoreer (Ps 130:1-2)
As U my sonde sou gadeslaan,
wie sou dan nog kon bestaan? (Ps 130:3)
Ek stel my vertroue in Hom wat leef,
want ek weet U is die een wat vergeef.
Die Here sal sy Woord vervul (Ps 130:5)
en my weer in sy troue liefde omhul. (Ps 130:7)
Al is dit nou hier donker nag,
sal ek op die Here alleen bly wag! (Ps 130:6)