God se eer – Nebukadnesar word bekeer

Nebukadnesar het weer gedroom,
die keer van ‘n reuse boom.
Die boom het egter in die slag gebly
en daarvan het net ‘n stomp agter gebly. (Dan 4:20-23)

Die Allerhoogste het oor u besluit:
U gaan uit die samelewing uit.
U sal soos ‘n dier moet leef,
tot God U sonde vergeef. (Dan 4:24-26)

Breek met u sonde en ongeregtigheid.
Doen reg en bewys barmhartigheid.
As U werklik op God vertrou,
sal u voorspoed wel aan kan hou. (Dan 4:27)

Kyk net hoe groot en magtig is mý land:
Dit kom alles net deur mý sterk hand!
Sy woorde was nog nie koud,
of hy moes gras eet in die woud. (Dan 4:29-32)

Later was die vasgestelde tyd verby,
en het ek na die hemel opgestaar.
So het ek my nederigheid verklaar.
Daarna het ek my verstand teruggekry. (Dan 4:34)

Ek het die Allerhoogste geprys,
want hierdeur het Hy my gewys:
Geen einde aan sy heerskappy en krag.
Sy koninkryk bestaan oor elke geslag.
Daar is niemand wat Hom kan keer
en vir Hom kan sê: ‘Wat doen U Heer?’ (Dan 4:35-36)

My koningskap is weer herstel,
daarom wil ek aan almal vertel:
Ek loof die Hemelse Koning
wat regverdig is in Sy woning. (Dan 4:36-37)

Gaan jy alweer vandag
dink sukses kom van eie krag?
Of gaan jy buig voor gesag –
voor die Een met alle mag?


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply