Sewe van sewe: Eind visioene (Op 19,20:11-15,21,22:1-5)

with No Comments

Een: Die bruilof van die Lam (Op 19:5-10)

“Prys die Here! Die Almagtige heers nou as koning.
Hy het plek gemaak vir sy bruid in sy woning.
Vir die bruilof van die Lam in fyn klere, so mooi
ja, met regverdige dade van gelowiges getooi.

Geseënd is die wat by die bruilofsmaal vergaar:
Dit is die woorde van God en hulle is waar.

Twee: Die Ruiter op die wit perd (Op 19:11-16)

Uit die hemel het ‘n Ruiter op ‘n wit perd gery:
Vlammende oë en heerserkrone – só lyk Hy.
Sy naam is Betroubaar en getrou.
Met regverdigheid oordeel Hy nou.

Die Naam op Hom geskrywe weet net Hy.
Sy leërs het op wit perde agter Hom gery.
Bloed deurweekte klere was sy lot
Sy Naam is: “Woord van God!”

Uit sy mond het daar ‘n skerp swaard gekom
om die nasies mee te tref – ‘n oordeel van Hom.
Hy sal self die parskuip trap vir die wyn,
die wyn van die toorn, oordeel en pyn.
Hy sal hulle met ‘n ystersepter regeer.
Dis straf van God, die Almagtige Heer.

Op sy klere, by sy heupe, was daar ‘n Naam:
“Die Koning van die konings” is wat daar staan!

Drie: Die antichris en valse profeet word verslaan (Op 19:17-21)

Alle julle roofvoëls in die lug vergaar,
kom vir die groot feesmaal bymekaar.

Kom eet die vleis van die konings,
opperbevelhebbers in hul wonings,
die vleis van die magtiges en uitbuiters
en die vleis van die perde en hulle ruiters,
ja, die vleis van allerhande mense:
klein en groot, slaaf en die sonder grense.

Die oorlog was teen konings en die dier,
die Ruiter op die wit perd het geseëvier.
Die dier en die vals profeet se kant,
is lewend in die vuurpoel gebrand.
Die ander mense is doodgemaak en verslaan
met die swaard wat uit die Ruiter se mond uitgaan.

Met die feesmaal het God sy mag gewys:
Al die roofvoëls het hulle dik geëet aan die vleis.

Vier: Die eindoordeel (Op 20:11-15)

Die troon wat ek gesien het, was wit
vir Hom, dié Een wat daarop sit.
Die aarde en hemel het verteer.
Plek vir hulle was daar die meer.

Die dooies, groot en klein,
is voor die troon opgelyn.
Die boek van die lewe is oopgemaak
vir die laaste groot oordeelstaak.

Die see het die dooies terug kom gee.
Die dood en die doderyk het ook gegee.
Elkeen is geoordeel volgens die dade van sy hand.
Die dood en die doderyk is in die vuurpoel verbrand.

As Hy iemand se naam nie in die boek kon vind,
is hy in die vuurpoel gegooi, groot of kind…

Vyf: Nuwe hemel en nuwe aarde (Op 21:1-8)

Ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gewaar.
Die eerste hemel en aarde was nie meer daar.
Ek het die stad uit die hemel af sien kom,
soos ‘n bruid gereed vir die bruidegom.

Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê:
“Kyk, God wou sy woonplek nou by die mense hê.
Hy sal by hulle bly en hulle sal sy volke wees.
God self sal by hulle wees en hulle genees.

Van elke oog droog hy hul traan:
Die dood sal daar nie meer wees,
van hul leed, smart en pyn genees.
Die dinge van vroeër het verbygegaan.

Dit was toe nie alles verniet:
Kyk, Ek maak alles nuut!
Skryf hierdie woorde daar
want jy kan weet dit is waar.”

Vir elkeen wat dors het, laat Ek drink;
uit die fontein van die lewe sal Ek skink.
Elkeen wat die oorwinning behaal sal dit kry,
en Ek sal sy God wees, en hy ‘n seun vir My.

Maar party het bang geword en het nie vertrou,
ja, die losbandiges, onsedelikes, moordenaars,
bedrieërs, afgodsdienaars en al die leuenaars,
sal dit in die poel van vuur en swael berou.

Ses: Die nuwe Jerusalem (Op 21:9-27)

Die engel het met my gepraat: “Kom uit,
kom kyk na die vrou van die Lam, die bruid.”

Ek is deur die Gees na die stad gehaal,
met ‘n glans soos kristalhelder opaal.
Die groot hoë muur van die stad
het twaalf poorte in gehad.
Elke poort is uit een pêrel gemaak
en niemand het daarby gewaak.

Die twaalf moet jy so vertolk:
Een vir elke stam van die volk.
In die twaalf fondamente van die muur
is die name van die apstels ingegrafier.

Met ‘n goue meetstok is gemeet:
Die stad is net so lank as breed.
Twaalf duisend kilometer na elke kant,
honderd vier en veertig meter, die rand.

Die stad en sy strate is met suiwer goud gebou
Soos ‘n skoon blink spieël lyk dit nou.

Die fondamente van die stadsmuur
is met allerhande edelstene borduur:
Met opaal is die eerste versier,
die tweede weer met saffier,
die derde met agaat se prag,
die vierde is vol van smarag.
Sardoniks is die vyfde se steen,
karneool se prag aan die sesde verleen.
Die sewende het met chrisoliet geskyn,
beril het die agste fondament verfyn,
die negende met topaas,
die tiende met chrisopraas.
Hiasint vir fondament hommer elf,
vir twaalf moes hulle ametis delf.

‘n Tempel het ek nie in die stad gevind:
Sy tempel is die Here God, en die Lam sy kind.
Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig,
want die heerlikheid van God en die Lam gee sy lig.

Niks onreins en niemand losbandig
sal ooit lewe in hierdie stad se lig.
Net dié wie se name in die boek staan
se stadslewe sal vir ewig nie vergaan.

Sewe: Die troon met die rivier van die lewe (Op 22:1-5)

Hy het my die rivier met die water van die lewe gewys:
Dit het soos helder kristal uit die troon van God gebruis.
Aan die een kant het die boom van die lewe gestaan:
Twaalf keer per jaar het hy genesende vrugte aan.

In die stad is God en die Lam se troon.
Vervloek is niks of niemand wat daar woon.
Sy dienaars sal Hom sien en Hom bly dien,
sy Naam sal jy op hulle voorkoppe sien.

Nag is daar in die stad nie meer,
ja, niemand benodig ‘n lamp of ‘n lig,
omdat die Here God hulle sal verlig.
Hulle sal tot in alle ewigheid regeer.

Ses van sewe: Die Babel visioene (Op 17:1-19:4)

with No Comments

Die oordeel en val van onsedelike vrou,
wat by baie waters bly, wys ek nou. (Op 17:1)

Een: Die vrou met die goue beker (Op 17:1-6)
Ek het ‘n vrou op die dier se rug sien sit.
Op sy sewe koppe, tien horings in gelid.
Haar klere was pers en helderrooi,
goue edelstene en pêrels, so mooi.
In haar hand ‘n goue beker vol losbandigheid.
Haar naam: Die moeder van sedeloosheid.
Die vrou was dronk van bloed wat sy suig
uit gelowiges wat vir Jesus getuig. (Op 17:2-6)

Twee: Die tien horings en die sedelose vrou (Op 17:12-18)
Die tien horings wat jou verstom
is tien konings wat nog kom.
Hulle is net vir een rede hier:
Hulle gee hulle mag vir die dier
om teen die Lam oorlog te hou
en teen die uitverkorens, so getrou. (Op 17:12-14)

Die waters waar die sedelose vrou bly
is volke, stamme en nasies in ‘n ry.
Die dier en tien horings haat die vrou
en sy gaan die verhouding berou:
Sy sal kaal en verlate raak deur hul hand,
hulle sal haar vleis eet en haar verbrand.

Die vrou wat jy sien is die stad Babilon
wat heers oor al die konings onder die son. (Op 12:15-18)

Drie: Babilon het geval (Op 18:1-3)
“Geval, geval: Die grote stad Babilon met sy muur.
Dit was die skuilplek van alle onrein en bose gees.
Dit was die skuilplek van onrein roofvoëls gewees
en die skuilplek van alle onrein en afskuwelike dier.

Al die nasies het gedrink van die onsedelikeheids dwelmdrank.
Die konings van die aarde het onsedelik met haar verkeer.
Die sakemanne van die aarde het haar wellus vereer
en ryk geword deur van haar grenselose weelde te bank.”

Vier: Gaan uit haar uit (Op 18:4-8)
My volk, gaan uit haar uit, moenie speel
sodat julle nie aan haar sondes deel.
Haar sondes het tot aan die hemel opgebou,
en God het haar ongeregtighede onthou. (Op 18:4-5)

In die wellusbeker waaruit sy julle laat drink,
moet julle vir haar twee keer soveel skink.
In die mate waarin sy pronk en in wellus leef,
in dié mate moet julle haar pyn laat beleef. (Op 18:6)

Sy sê: ‘Ek sit as koningin op my troon.
In hoogmoed word sy met plae beloon
en as straf word sy met vuur verbrand
deur die Here God se sterke hand.” (Op 18:7-8)

Vyf: Die weeklag van drie kore (Op 18:9-19)
Die konings van die aarde het onsedelik met haar gelewe
maar as hulle die rook sien soos sy brand, sal hul bewe.

Die sakemanne van die aarde huil en kerm oor haar,
want al die juwele, reukolie en weelde is nie meer daar.

Al die skeepskapteins en almal wat êrens heen vaar,
skreeu: “Hoe vreeslik! Die groot stad is nie meer daar!

Verheug jou daaroor, gelowiges, apostels en profeet:
Dis God wat sy oordeel voltrek het, moet jul weet!

Ses: Finale ondergang – geen vreugde (Op 18:21-24)
Met geweld word Babilon neergegooi:
Jy sal nie weer hoor, musiek so mooi.
Geen geluid soos ‘n ambagsman kreun.
In jou sal ‘n meul sal nie weer dreun.
Die lig van ‘n lamp sal nie weer skyn.
Die bruid en bruidegom sal verdwyn.
Babilon is skuldig aan profete se bloed,
soos ‘n meulsteen in die see sal sy boet!

Sewe: Oorwinning by haar ondergang (Op 19:1-4)
‘n Menigte het uitgeroep: Prys die Heer!
Aan God behoort die heerlikheid en eer.
Hy het die oordeel voltrek op die sedelose vrou.
Vier en twintig ouderlinge aanbid en prys U nou!

Vyf van sewe: Sewe bakke vol toorn (Op 16)

with No Comments

‘n Harde stem roep toe luid:
Gaan gooi sewe toornbakke uit!

Die eerste engel het sy bak op die land uitgegooi.
Kwaadaardige en pynlike swere, glad nie mooi,
het uitgekom op hulle met die merk van die dier. (Op 16:2)

Die tweede engel het sy bak in die see uitgegooi.
Dit het bloed geword, soos die dood, dik en rooi,
en alles wat in die see lewe, het doodgegaan. (Op 16:3)

Na die derde engel ook sy bak van toorn gooi
was riviere en die waterbronne ook bloedrooi. (Op 16:4)

Toe sê die engel wat oor die water toesig hou:
“U is regverdig, U wat is en wat was,
U, die Heilige, hierdie oordeel is gepas:
Hulle het die bloed van die gelowiges vergiet,
so hulle drink hierdie bloed glad nie verniet!
Ja, Here God, Almagtige, u oordele is reg en U is getrou.” (Op 16:5-7)

Die vierde engel se bak se inhoud het op die son geland.
en so die vermoë verleen om die mense met vuur te brand.
Hulle is gebrand met die son se krag
en het God se naam gelaster oor sy mag.
Hulle het hulle nie bekeer
en God nie geëer… (Op 16:8-9)

Die vyfde engel het toe sy bak gegooi op die dier se troon
en daar het duisternis gekom oor die koninkryk waar hul woon.
Die mense het hulle tonge stukkend gebyt van die pyn
en het die God van die hemel gelaster met venyn.
Hulle het hulle nie bekeer
tot God, die enigste Heer. (Op 16:10-11)

Die sesde engele se bak is gegooi op die Eufraat,
om die konings van die ooste droogvoets deur te laat.
Die draak, dier en vals profeet maak konings bymekaar
vir die laaste oorlog word hul by Armageddon vergaar. (Op 16:12-16)

Die sewende engel het toe sy bak in die lug versprei.
Van die troon in die tempel af is uitgeroep: “Dit is verby!”
Toe het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom.
Die aardbewing was so groot almal was verstom.

Die groot stad Babilon het in drie dele geskeur.
Eilande het verdwyn, en berge was daar nie meer.
Groot haelstene, elkeen omtrent vyftig kilogram swaar,
val op mense, maar hulle bly God steeds by laster daar…

En jý, liewe leser wat die bakke van toorn rondom jou sien:
Hoe lank gaan jy God laster oor straf wat jy verdien?
Wanneer gaan jy jou bekeer
en die Almagtige begin eer?

Vier van sewe: Die sewe draak visioene (Op 12:1 – 13:18; 17:6-14 en 20:1-10)

with No Comments

Een: Die draak wat die kind wil verslind (Op 12:1-6)
Toe het daar ‘n groot teken in die hemel verskyn:
‘n Vrou was met die son as kleed gehul.
Twaalf sterre het haar kroon gevul.
Sy was swanger en het geskree van geboorte pyn. (Op 12:1-2)

Daar het ook ‘n ander teken in die hemel sigbaar geraak:
Sewe koppe en tien horings, ja ‘n ‘n vuurrooi draak!
Sy koppe was met sewe heerserskrone getooi.
Sy stert het ‘n derde van die sterre op die aarde gegooi. (Op 12:3)

Die draak was gereed om te verslind,
as sy geboorte gee aan hierdie kind. (Op 12:4)
Die seun was bestem om nasies te regeer,
na sy geboorte is hy weggeruk na God, die Heer.
Die vrou het na die woestyn toe gevlug,
haar plek is daar deur God ingerig. (Op 12:5-6)

Twee: Migael se oorlog teen die draak (Op 12:7-12)
Die Satan het die hemelse oorlog verloor:
In die hemel is daar van hom geen spoor.
Hy is op die aarde gegooi
en daar soek hy ‘n nuwe prooi…

Drie: Die draak agtervolg die vrou (Op 12:13-17)
Uit woede agtervolg die draak die vrou,
maar met twee arendsvlerke kon sy vlieg.
Water het hy agter haar aangespuug,
maar die aarde het die stroom ingesluk.
Die Satan was kwaad en bedruk
en vervolg toe die wat aan God vashou.

Vier: Die dier uit die see (Op 12:18-13:10)

Ek het ‘n dier uit die see sien kom:
Sy tien horings en sewe koppe verstom.
Hy het ‘n luiperd lyf en pote soos ‘n beer
en ‘n bek soos ‘n leeu wat verskeur. (Op 13:1-2)

Die draak het sy troon en mag
aan die dier gegee vir gesag.
Die mense het om hom vergader
en in gebed tot hom begin nader. (Op 13:2-4)

Hy is toegelaat om te laster teen die Naam van God
en oorlog te maak teen die wat glo in Sy gebod. (Op 13:5-7)
Hulle is gevang en met die swaard doodgemaak.
Dis hier wat volharding en geloof nodig raak! (Op 13:9-10)

Vyf: Die dier uit die aarde (Op 13:11-18)
‘n Ander dier met twee horings het uit die aarde gekom.
Hy oefen gesag uit van die eerste dier namens hom. (Op 13:11-12)
Hy het die mag om wondertekens te doen gekry
en daarmee die bewoners van die aarde mislei. (Op 13:13-14)

Hy verplig alle mense, klein of groot, arm of ryk
dat op hulle arm of kop ‘n merk moet pryk:
Daarsonder kan niemand meer winkel toe gaan!
Net wyses sal ses honderd ses en sestig verstaan… (Op 13:16-18)

Ses: Die vrou op die rug van die dier (Op 17:1-14)
Ek het ‘n vrou op die dier se rug sien sit.
Op sy sewe koppe, tien horings in gelid.
Haar klere was pers en helderrooi,
goue edelstene en pêrels, so mooi.
In haar hand ‘n goue beker vol losbandigheid.
Haar naam: Die moeder van sedeloosheid. (Op 17:1-5)

Die vrou was dronk van bloed wat sy suig
uit gelowiges wat vir Jesus getuig.
Ek kyk haar toe verwonderd aan,
die engel het my laat verstaan: (Op 17:6-7)

Die sewe koppe waaroor jy jou verstom,
is konings wat was en wat nog kom.
En die tien horings wat jy sien,
is ook konings wat die dier kom dien. (Op 17:8-12)

Hulle is net vir een rede hier:
Hulle gee hulle mag vir die dier
om teen die Lam oorlog te hou
en teen die uitverkorens, so getrou.
Omdat Hy dié Koning van konings is,
sal hy die oorwinning behaal – gewis!

Sewe: Die draak vir 1000 jaar gebind (Op 20:1-10)
Die draak is in onderaardse dieptes toegsluit.
Vir duisend jaar kon die Satan nie daar uit. (Op 20:1-3)
Die martelare, getrou aan die woord van hul Heer
het saam met Christus vir duisend jaar regeer. (Op 20:4)

Daarna verlei die Satan vir Gog en Magog
en bring hy hulle byeen vir nog een oorlog. (Op 20:7-8)
Hulle het die gelowiges in hul stad vasgekeer,
maar ‘n vuur uit die hemel is hulle verteer. (Op 20:9)

Die duiwel is gegooi in ‘n poel van vuur
saam met die vals profeet en aaklige dier.
Daar sal hulle gepynig word elke uur
en dit sal tot in ewigheid duur! (Op 20:10)

Drie van sewe: Die sewe trompette (Op 8:6 – 9:21 en 11:15-19)

with No Comments

Die eerste engel het op sy trompet geblaas.
Hael en vuur met bloed gemeng,
het na die aarde gehaas
want die opdrag was streng:
‘n Derde van die aarde is verbrand,
‘n derde van die bome is verbrand,
en al die groen gras is verbrand. (Op 8:7)

Die tweede engel het getrompetter
en die vlamme het begin kwetter:
Iets soos ‘n groot berg wat brand,
het in die in die see geland:
‘n Derde van die see het in bloed verslaan.
‘n derde van alle seelewe het doodgegaan,
en ‘n derde van die skepe het vergaan. (Op 8:8-9)

Die derde trompet roep van ver
Bitterals, ‘n besmettende ster…
Ja, ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand,
het uit die hemel in die waterbronne beland.
‘n Derde van die water het bitter geword,
Dié besmetting is in riviere gestort
en baie mense het lyke geword… (Op 8:10-11)

Die vierde trompet het nie geloof
Nee, dit het ligte uitgedoof.
‘n Derde van die son, maan
en sterre is getref in hul baan.
Hulle kon die aarde nie meer verlig.
‘n Derde van die dag was sonder lig
en ‘n derde van die nag sonder sig. (Op 8:12)

Toe het ek ‘n arend hoog sien vlieg in die lug
Met ‘n harde stem het hy skreeuend berig:
“Wee, wee, wee die wat op die aarde bly
as die drie ander engele hulle trompette kry…” (Op 8:13)

Die vyfde engel het toe op sy trompet geblaas.
‘n Ster het hom na die onderaardse dieptes gehaas.
‘n Sprinkaanswerm het uit die rook gekom
met ‘n voorkoms wat elke mens verstom:

Onder die goue kroon het ‘n mens gesig gestaar
Leeutande was sigbaar agter die lang vroue haar.
Die ysterharnas oorlogs gewaad
Het plek vir die skerpioenstert gelaat

Die sonder God se voorkopseël,
pyniging word hulle deel.
Hulle sal verlang om te beswyk,
maar die dood sal hulle ontwyk… (Op 9:1-11)

Veby is die eerste “Wee!”
Kyk, daar kom nog twee… (Op 9:12)

Toe die sesde engel sy trompet aanraak,
is die vier engele by die Eufraat losgemaak.
Die vier engele was gereed vir hulle taak
om ‘n derde van die mensdom dood te maak.

Die perde en hulle ruiters só gelyk:
Die ruiters het in oorlogskleure gepryk.
Met hulle leeukoppe is die perde gestuur
om te blaas: rook, hael en vuur!
Hul sterte het koppe soos ‘n slang
Wie hulle sien was vreesaanjaend bang.

‘n Derde van die mensdom is doodgemaak,
maar selfs dié plaag het baie nie geraak:
Hulle het hulle nie bekeer van julle slegte wee
en vat steeds goud en maak afgode daarmee. (Op 9:13-21)

Twee van sewe: Die sewe seëls (Op 6 en 8:1-5)

with No Comments

Die Lam het die eerste seël oopgemaak:
“Gaan met die wit perd na waar hulle woon
Skiet met jou boog oorwinning raak
Hier is vir jou die Oorwinnaarskroon!” (Op 6:1-2)

Toe Hy die tweede seël oopbreek,
het ‘n vuurrooi perd het uitgegaan
om vrede weg te neem en moord te steek.
“Met die groot swaard moet jy verslaan.” (Op 6:3-4)

Die derde seël is oopgemaak.
Dit het hongersnood geraak.
‘n Swart perd met ‘n skaal,
het een skeppie koring gaan haal. (Op 6:5-6)

Die vierde seël se perd was vaal.
Die naam van die ruiter was Dood…
Hy het ‘n kwart van die aarde kom haal
met wilde diere, pes en hongersnood. (Op 6:7-8)

Toe die Lam die vyfde seël oopmaak,
het ek onder die altaar die siele gesien:
Die getroue martelare het die dood nie verdien!
Wanneer gaan U ordeel die skuldiges raak? (Op 6:9-10)

Die sesde seël laat ‘n aardbewing vry:
Die son het swart rouklere gekry.
Die maan was ‘n bloedrooi bal.
Die sterre het op die aarde geval.

Die berge en eilande het plekke geruil.
Die konings het in grotte gaan skuil.
Bedek ons van Hom wat wil wreek:
Die oordeelsdag het aangebreek! (Op 6:12-17)

Die sewende seël het na stilte in die hemel gelei.
Die sewe engele het sewe trompette gekry.
Die wierookbak met gebede is geoffer daar:
Ja, na God het dié gebede opgevaar!

Daarna is die bak met altaar vuur gevul
en brandend op die aarde uitgegooi.
Die lug is in donderslae en weerlig getooi.
‘n Dreundende aarbewing het alles omhul. (Op 8:1-5)

Die boodskap vir jou is: Tydens elke seël
se swaarkry moet jy dit in gebede deel.
Die oordeelsdag kom:
Hou vas aan Hom!

Een van sewe: Die sewe gemeentes (Op 2-3)

with No Comments

Die sewe gemeentes verkondig
die volgende boodskap bondig:

Moenie soos Efese jou eerste liefde verlaat,
dan kan die Boom van die lewe jou baat. (Op 2:1-7)

Is jy, soos Smirna, tot die dood getrou,
dan sal jy ook die ewige lewe behou. (Op 2:8-11)

Wie saam met Pergamum onsedeliheid bestry,
sal sy naam op die toegangsklippie kry. (Op 2:11-17)

Soos Tiatira nie begeer, doen net meer
Dan sal jy ook met die septer regeer. (Op 2:18-19)

Nie aan die slaap soos Sardis, My versoek, (Op 3:1-6)
dan is jou naam geskryf in die lewensboek.

As jy Filadelfia se broederliefde leef (Op 3:7-13)
sal ek jou ‘n plek in my woning geef.

As jy nie soos Laodisea lou gaan wees,
kan jy kom aansit by My fees! (Op 3:14-22)

Maak hierdie briewe jou strewe,
want Hy beloof die ewige lewe!

Laodisea – arm, blind en kaal

with No Comments

Christus word bekend gestel,
Julle moet aan die gemeente beduie:
Só sê God, die geloofwaardige getuie.
Deur Hom het God alles gemaak.
Hierdie boodskap moet julle raak.

Iets meer word van stad vertel.
Die mense daar was nie arm
Die waterbron se water warm
Hul geld uit swart wol verdien
‘n Mediese skool vir beter sien

God sien die druk, die swaar, maar ook wat die lig is daar.
Daar is net voorspoed more tot aand
Dit gaan so goed, hulle is verwaand

Hy prys hul vir wat is reg.
Hulle het egter het niks op die lys
waaroor Christus hul kon prys…

Hy wys wat doen hul sleg.
Jy is nie koud of warm, nee lou-
uit My mond spuug ek jou!

Hy waarsku of Hy vertroos, die verkeerde en die broos.
Menslik is jy ryk in prag en praal.
Geestelik egter arm, blind en kaal.

‘n Opdrag gee Hy vir hul
Koop goud gelouter deur vuur.
ook klere met net wit versier.
Oogsalf om beter te sien,
dan sal jul besef wat jul verdien.

en beloftes wat Hy vervul.
Moenie jou kanse verbeur,
want Ek klop aan jou deur.
Ek nooi jou na die maal by die fees
dat ons saam op die troon kan wees.

Elkeen wat hierdie hoor
moet luister met die oor
wat die boodskap van die Gees
vir elke gemeente sal wees.

Filadelfia – broederliefde

with No Comments

Christus word bekend gestel,
So sê ware God, so heilig,
Hy wat Dawid se sleutel het:
Ek kan jou die toegang belet
Of deur My jou ingang beveilig.

Iets meer word van stad vertel.
Broederliefde beteken die naam
Hier bly almal in liefde saam.
Die stad is die ooste se poort
Wynboustreek met druiweboord.

God sien die druk, die swaar, maar ook wat die lig is daar.
Ek weet julle krag is min
tog het jul My Woord besin.
Die Jode wat so oor My lieg
sal kom buig op hul knieg.

Hy prys hul vir wat is reg.
In lyding het jul aan my bly klou
daarom sal ek jul ook vas bly hou.

Hy wys wat doen hul sleg.
Vermaning in die brief is weg –
hierdie gemeente doen alles reg!

Hy waarsku of Hy vertroos, die verkeerde en die broos.
Ek gaan swaarkry oor die aarde fel
om bewoners op die proef te stel.

‘n Opdrag gee Hy vir hul
Hou vas aan julle kroon
Dan sal ek jul beloon.

en beloftes wat Hy vervul.
Die wat oorwin sal ek verklaar
in my tempel tot pilaar.
In Jerusalem, die stad van My,
sal hy altyd by my bly.
Ek gee hom ‘n nuwe Naam
en ons bly vir ewig saam!

Elkeen wat hierdie hoor
moet luister met die oor
wat die boodskap van die Gees
vir elke gemeente sal wees.

Sardis – valse gerustheid

with No Comments

Christus word bekend gestel,
God se geeste, sewe
God se sterre, lewe.

Iets meer word van stad vertel.
Op hoë, byna onklimbare berg,
is die stad teen aanval verberg.
Die inwoners selfversekerd trots:
Hul woon mos op ‘n veil’ge rots

God sien die druk, die swaar, maar ook wat die lig is daar.
Hierdie gemeente kry nie swaar,
dis mos rustig en veilig daar.
Pragtige wolklere maak hul daar.

Hy prys hul vir wat is reg.
Hulle het egter het niks op die lys
waaroor Christus hul kon prys…
Daar is darem nog ‘n paar
wat nie hule klere besoedel daar.

Hy wys wat doen hul sleg.
Hieroor moet julle julle skaam:
Julle lewe nog net in naam.

Hy waarsku of Hy vertroos, die verkeerde en die broos.
Ek kom soos ‘n dief in die nag
en straf dié wat my nie verwag.

‘n Opdrag gee Hy vir hul
Word wakker, versterk nog wat is oor.
Bedink die evangelie, oorspronklik gehoor.

en beloftes wat Hy vervul.
Elkeen wat na die oorwinning vra,
sal van My skoon wit klere dra
Hulle naam kan jy maar soek:
dit staan in My lewensboek.

Elkeen wat hierdie hoor
moet luister met die oor
wat die boodskap van die Gees
vir elke gemeente sal wees.

 

1 2