Die sewe gemeentes verkondig
die volgende boodskap bondig:
Moenie soos Efese jou eerste liefde verlaat,
dan kan die Boom van die lewe jou baat. (Op 2:1-7)
Is jy, soos Smirna, tot die dood getrou,
dan sal jy ook die ewige lewe behou. (Op 2:8-11)
Wie saam met Pergamum onsedeliheid bestry,
sal sy naam op die toegangsklippie kry. (Op 2:11-17)
Soos Tiatira nie begeer, doen net meer
Dan sal jy ook met die septer regeer. (Op 2:18-19)
Nie aan die slaap soos Sardis, My versoek, (Op 3:1-6)
dan is jou naam geskryf in die lewensboek.
As jy Filadelfia se broederliefde leef (Op 3:7-13)
sal ek jou ‘n plek in my woning geef.
As jy nie soos Laodisea lou gaan wees,
kan jy kom aansit by My fees! (Op 3:14-22)
Maak hierdie briewe jou strewe,
want Hy beloof die ewige lewe!