Ses van sewe: Die Babel visioene (Op 17:1-19:4)

Die oordeel en val van onsedelike vrou,
wat by baie waters bly, wys ek nou. (Op 17:1)

Een: Die vrou met die goue beker (Op 17:1-6)
Ek het ‘n vrou op die dier se rug sien sit.
Op sy sewe koppe, tien horings in gelid.
Haar klere was pers en helderrooi,
goue edelstene en pêrels, so mooi.
In haar hand ‘n goue beker vol losbandigheid.
Haar naam: Die moeder van sedeloosheid.
Die vrou was dronk van bloed wat sy suig
uit gelowiges wat vir Jesus getuig. (Op 17:2-6)

Twee: Die tien horings en die sedelose vrou (Op 17:12-18)
Die tien horings wat jou verstom
is tien konings wat nog kom.
Hulle is net vir een rede hier:
Hulle gee hulle mag vir die dier
om teen die Lam oorlog te hou
en teen die uitverkorens, so getrou. (Op 17:12-14)

Die waters waar die sedelose vrou bly
is volke, stamme en nasies in ‘n ry.
Die dier en tien horings haat die vrou
en sy gaan die verhouding berou:
Sy sal kaal en verlate raak deur hul hand,
hulle sal haar vleis eet en haar verbrand.

Die vrou wat jy sien is die stad Babilon
wat heers oor al die konings onder die son. (Op 12:15-18)

Drie: Babilon het geval (Op 18:1-3)
“Geval, geval: Die grote stad Babilon met sy muur.
Dit was die skuilplek van alle onrein en bose gees.
Dit was die skuilplek van onrein roofvoëls gewees
en die skuilplek van alle onrein en afskuwelike dier.

Al die nasies het gedrink van die onsedelikeheids dwelmdrank.
Die konings van die aarde het onsedelik met haar verkeer.
Die sakemanne van die aarde het haar wellus vereer
en ryk geword deur van haar grenselose weelde te bank.”

Vier: Gaan uit haar uit (Op 18:4-8)
My volk, gaan uit haar uit, moenie speel
sodat julle nie aan haar sondes deel.
Haar sondes het tot aan die hemel opgebou,
en God het haar ongeregtighede onthou. (Op 18:4-5)

In die wellusbeker waaruit sy julle laat drink,
moet julle vir haar twee keer soveel skink.
In die mate waarin sy pronk en in wellus leef,
in dié mate moet julle haar pyn laat beleef. (Op 18:6)

Sy sê: ‘Ek sit as koningin op my troon.
In hoogmoed word sy met plae beloon
en as straf word sy met vuur verbrand
deur die Here God se sterke hand.” (Op 18:7-8)

Vyf: Die weeklag van drie kore (Op 18:9-19)
Die konings van die aarde het onsedelik met haar gelewe
maar as hulle die rook sien soos sy brand, sal hul bewe.

Die sakemanne van die aarde huil en kerm oor haar,
want al die juwele, reukolie en weelde is nie meer daar.

Al die skeepskapteins en almal wat êrens heen vaar,
skreeu: “Hoe vreeslik! Die groot stad is nie meer daar!

Verheug jou daaroor, gelowiges, apostels en profeet:
Dis God wat sy oordeel voltrek het, moet jul weet!

Ses: Finale ondergang – geen vreugde (Op 18:21-24)
Met geweld word Babilon neergegooi:
Jy sal nie weer hoor, musiek so mooi.
Geen geluid soos ‘n ambagsman kreun.
In jou sal ‘n meul sal nie weer dreun.
Die lig van ‘n lamp sal nie weer skyn.
Die bruid en bruidegom sal verdwyn.
Babilon is skuldig aan profete se bloed,
soos ‘n meulsteen in die see sal sy boet!

Sewe: Oorwinning by haar ondergang (Op 19:1-4)
‘n Menigte het uitgeroep: Prys die Heer!
Aan God behoort die heerlikheid en eer.
Hy het die oordeel voltrek op die sedelose vrou.
Vier en twintig ouderlinge aanbid en prys U nou!