Drie van sewe: Die sewe trompette (Op 8:6 – 9:21 en 11:15-19)

Die eerste engel het op sy trompet geblaas.
Hael en vuur met bloed gemeng,
het na die aarde gehaas
want die opdrag was streng:
‘n Derde van die aarde is verbrand,
‘n derde van die bome is verbrand,
en al die groen gras is verbrand. (Op 8:7)

Die tweede engel het getrompetter
en die vlamme het begin kwetter:
Iets soos ‘n groot berg wat brand,
het in die in die see geland:
‘n Derde van die see het in bloed verslaan.
‘n derde van alle seelewe het doodgegaan,
en ‘n derde van die skepe het vergaan. (Op 8:8-9)

Die derde trompet roep van ver
Bitterals, ‘n besmettende ster…
Ja, ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand,
het uit die hemel in die waterbronne beland.
‘n Derde van die water het bitter geword,
Dié besmetting is in riviere gestort
en baie mense het lyke geword… (Op 8:10-11)

Die vierde trompet het nie geloof
Nee, dit het ligte uitgedoof.
‘n Derde van die son, maan
en sterre is getref in hul baan.
Hulle kon die aarde nie meer verlig.
‘n Derde van die dag was sonder lig
en ‘n derde van die nag sonder sig. (Op 8:12)

Toe het ek ‘n arend hoog sien vlieg in die lug
Met ‘n harde stem het hy skreeuend berig:
“Wee, wee, wee die wat op die aarde bly
as die drie ander engele hulle trompette kry…” (Op 8:13)

Die vyfde engel het toe op sy trompet geblaas.
‘n Ster het hom na die onderaardse dieptes gehaas.
‘n Sprinkaanswerm het uit die rook gekom
met ‘n voorkoms wat elke mens verstom:

Onder die goue kroon het ‘n mens gesig gestaar
Leeutande was sigbaar agter die lang vroue haar.
Die ysterharnas oorlogs gewaad
Het plek vir die skerpioenstert gelaat

Die sonder God se voorkopseël,
pyniging word hulle deel.
Hulle sal verlang om te beswyk,
maar die dood sal hulle ontwyk… (Op 9:1-11)

Veby is die eerste “Wee!”
Kyk, daar kom nog twee… (Op 9:12)

Toe die sesde engel sy trompet aanraak,
is die vier engele by die Eufraat losgemaak.
Die vier engele was gereed vir hulle taak
om ‘n derde van die mensdom dood te maak.

Die perde en hulle ruiters só gelyk:
Die ruiters het in oorlogskleure gepryk.
Met hulle leeukoppe is die perde gestuur
om te blaas: rook, hael en vuur!
Hul sterte het koppe soos ‘n slang
Wie hulle sien was vreesaanjaend bang.

‘n Derde van die mensdom is doodgemaak,
maar selfs dié plaag het baie nie geraak:
Hulle het hulle nie bekeer van julle slegte wee
en vat steeds goud en maak afgode daarmee. (Op 9:13-21)