Die volk skeur, maar God in beheer

with No Comments

Na die magtige Salomo,
verloop die geskiedenis so:

Salomo se seun, Rehabeam,
is by Sigem as koning gekroon
Nebat se seun, Jerobeam,
het as vlugteling in Egipte gewoon. (I Kon 12:1-2, II Kron 10:1-2)

Die volk het by Rehabeam kom kla
“U vader het ons ‘n swaar juk laat dra
As u ons van sommmige laste bevry,
sal ons steeds u onderdane bly.” (I Kon 12:3-4, II Kron 10:3-4)

Hy het die manne in diens van sy pa,
die ouer manne, raad gevra:
As u dit goed bedoel met hierdie nasie,
gee hulle ‘n bietjie belasting grasie. (I Kon 12:5-7, II Kron 10:5-7)

Maar hy het hulle die raad die wind in geslaan
toe die jong manne voor hom kom staan:
My pa het julle met swepe geslaan,
Ek sal julle die taal van gesels laat verstaan! (I Kon 12:10-14, II Kron 10:10-14)

Al het Rehabeam die saak so geskik
was dit so deur die Here beskik…
Die tien stamme: Aan Dawid het ons nie deel
en so is die volk in twee verdeel. (I Kon 12:15-19, II Kron 10:15-19)

Jerobeam het uit Egipte teruggekeer
Die tien stamme het om as koning vereer.
Net twee stamme was Rehabeam sin:
Juda en die stam Benjamin. (I Kon 12:20-21)

Rehabeam wou dit met oorlog gaan onderdruk,
maar God het die anders beskik:
“Gaan huis toe, wat gebeur kom van My!”
Hulle het geluister en tuis gebly. (I Kon 12:21-24, II Kron 11:1-4)

Rehabeam het sy vestingstede herbou
en so beheer oor Juda en Benjamin behou.
Die priesters moes voor Jerobeam vlug
en kom toe na Jerusalem terug. (II Kron 11:5-14)

Van die volk wou nog die Here aanbid
en het hulle na Jerusalem versit
na die tempel, die sentrum van hul kerk
en so die ryk van Juda verder versterk. (II Kron 11:16-17)

Al het die volk deur mense se optrede geskeur
wys die gedeelte God bly steeds in beheer (:15,24)
vertrou daarom in jou omstandighede op die Heer
en gee Hom, ten spyte van alles, lof en eer!

Habakuk, lewe deur geloof.

with No Comments

Habakuk kla
en God wys die swaar.
Habakuk vra,
God leer: geloof bewaar.

Habakuk staar:
God het oordeel verklaar.
Habakuk verklaar:
Ek jubel ten spyte van swaar!

Die boek Habakuk wil beloof:
Jy word net gered deur geloof,
daarom kan jy in swaarkry loof!

Habakuk kla en God wys die swaar (Hab 1:1-11).

Hoe lank moet ek nog vra,
oor al die geweld by U kla?
Die wet het nie meer krag,
onskuldiges se reg word verkrag.

Jy gaan jou verstom en nie verstaan
want Ek gaan julle verder slaan.
Verwoesting saai die vyand se leër,
niemand kan hul perde keer!

Habakuk vra, God leer: geloof bewaar (Hab 1:12-17).

U, o Heilige, is tog van altyd daar?!!
Hoe kan mens die geweld verklaar?
Met nette en hoeke in ons bek gevang,
is ons soos visse, vasgekeer bang!
Kan U sien: ons bewe van angs?
Die Galdeërs juig oor hulle vangs!

Jy moet net geduldig bly wag,
hier is die die boodskap se krag:
Die onregverdige moet bewe,
maar die wat glo sal ewig lewe!

Habakuk staar: God het oordeel verklaar (Hab 2:5-20).

God hét na die geweld gekyk:
Ellende wag vir die wat hul verryk.

Ellende wag vir die wat bou met moord,
dis God, die Almagtige se Woord.

Ellende jul wat drank met gif geskink:
Jul sal God se oordeelsbeker drink!

Ellende wag vir hom wat vir hout
‘n nuttelose afgod, bid vir sy behoud.

Almal moet die Here in Sy tempel vrees,
in sy teenwoordigheid net in stilte wees.

Habakuk verklaar: Ek jubel ten spyte van swaar! (Hab 3).

U het riviere en berge gemaak
Dit verkrummel as u daaraan raak.
Toe ek dit hoor het ek gebewe
Sal U my ongeduld vergewe?

Al sou die vyeboom nie bot,
die druiwe op die wingerd verrot.
Al is die olyf oeste kaal,
en geen beeste in die kraal.
Nogtans sal ek in die Here juig,
voor sy alwetenheid sal Ek buig.
Die Here gee vir my krag,
soos ‘n ribbok veilig vandag.

Die profeet Joël

with No Comments

Gekou knaag.
Sprinkaan plaag.

Weiding weg.
Koringoes sleg.

Vervuil.
Volk huil.

Wilde perd.
Niks werd.

Wrede leër.
Dag van Heer.

Vas, huil en treur.
Kom terug: bekeer.
Hy is ‘n genadige Heer
en vergewe altyd weer!

Jul leer:
Ek Heer!

As julle die tekens lees
laat kom ek my Gees.
Jongmense sal as profete optree.
Vir oumense sal ek drome gee.

Na gebed
sal Ek red.

Bloed vuur,
dis die uur

Nasies straf.
Na hul graf.

Baie sonde.
Sekel wonde.

Oes is ryp
vol parskuip.

Swaard na skaar.
Snoeiskêr daar.

Ek sal die volk se sonde vergeef
en weer saam in Jerusalem leef!

Nahum

with No Comments

Net soos Jona, moes Nahum gaan
na Ninevé, wat sy volk verslaan.

Ellende wag vir jou, bloedbevlekte stad;
jy is vol bedrog, gevul met buit gevat.
Swepe klap, wiele dreun, perde jaag,
strydwaens wat vrouens en kinders knaag.
Ruiters galop, swaarde blink, spiese blits.
My hulpelose volk vernietig in ‘n kits. (Nah 3:1-3)

Jona leer van God se genade. (Jona 4)

with No Comments

Jona was ontevrede en kwaad.
Dit gaan Israel beslis nie baat.

Van U groot genade het ek geweet
dat U barmhartig en liefdevol heet.
U sien maklik af van die straf.
Ek gee nou eerder my lewe af.

Jona, hoekom word jy kwaad?
Bevraagteken jy My raad?

Die son het Jona geskroei.
God het ‘n plant laat groei.
Oor die skadu was Jona bly-
dit het hom van misnoë bevry
God stuur ‘n wurm om te kou.
en die plant verdroog toe gou.

Jona, hoekom word jy kwaad?
Bevraagteken jy My raad?

Oordenking
Ook vir jou sal dit nie baat,
om te wonder oor God se raad.
Jy kan Sy genade nie keer.
Bly net roep dat hul bekeer.

Jona vertel van God se genade (Jona 3)

with No Comments

Die opdrag weer: “Gaan na die stad.”
Hierdie keer vat Jona wel die pad.
“Sien van jul verkeerde dade af –
oor veertig dae gaan God jul straf!”

Die mense het toe in God geglo,
en in alle erns begin bid na bo.
In berou gevas: nie geëet of drink.
Selfs die koning het niks geskink.

Toe God sien dat hulle hul bekeer,
het Hy, genadig, die ramp gekeer.

Jona bid om God se genade (Jona 2)

with No Comments

In my gebed het ek verlore gevoel.
Golf na golf het oor my gespoel.
Ek het geroep: “Help ek verloor –
Wees my genadig.” God verhoor.

Die waters het my afgemaai.
Seegras het om my kop gedraai.
Afgesak tot berge se fondament.
Gered van dood se verste ent.

Terwyl ek na benede sink.
Het ek in nood aan U gedink.
Net toe ek wou vergaan,
kom my gebed by U aan!

Wie op nuttelose afgode vertrou
Gaan dit verseker berou.
Hulp kom net van die Heer,
wat hierdie groot vis beheer.

Ek wil vir U ‘n loflied sing.
Ek wil vir U offers bring.
Wat ek beloof het sal ek doen.
Ek is weer met God versoen.

Jona weier God se genade (Jona 1)

with No Comments

Jerobeam twee lê bekommerd en wag,
vir die aanval van die Assiriese mag,
Van Ninevé is die vyand nou oppad,
na Jerusalem, Israel se heilige stad.

Jona, jy moet na Ninevé gaan:
Hul moet my genade verstaan.

Jona vlug en gaan ‘n skip aan boord.
‘n Magtige storm bring God’s woord.
“My God het hierdie see gemaak,
gooi my oorboord om stil te raak.”

Op rys die manne se gebede.
dieper sink Jona na benede…
‘n Vis is deur God gestuur –
drie dae moes Jona verduur.

Jona

with No Comments

Van kindsdae sal jy onthou
hoe dié geskiedenis ontvou:

Jona weier God se genade:
“Ek wil nie gaan.”
Jona bid om God se genade:
“Ek sal gaan.”
Jona vertel van God se genade:
“Jul gaan vergaan.”
Jona leer van God se genade:
“Ek verstaan.”

Prediker

with No Comments

Prediker dink oor die sin van die lewe,
ja, dit waarna jy eintlik moet strewe…

Sit op die eerste bril, my kind:
“Alles kom tot niks, dis ‘n gejaag na wind.” (Pred 2:17)

Die boek beskryf drie soorte mense:
Vir die eerste is plesier sy wense.
Ander leef reg, maar hul ambisie vertrap en verkul.
Vir die derde is kuns, teater en musiek wat hul vervul.

Is jy nie God se kind,
is dit ‘n gejaag na wind!

Sit op die bril van geloof,
dan sien jy wat God beloof:
Dis ‘n gawe uit God se hand
dat jy met vreugde kan eet van jou land! (Pred 2:24)

Dink aan jou Skepper in jou jeug,
dan sal jy jou ook in jou oudag verheug. (Pred 12:1)

‘n Gejaag na wind?
Nie vir God se kind!
Dien jý vir God?
Hou jý Sy gebod! (Pred 12:13)

1 3 4 5 6 7 8 9 30