Category: Gedigte
-
Paul, ek onthou nog jy het mechano’s gebou.My dogters, julle het as skoenlappers ontvou.My man, jy kon Clover se melk balansseer,maar bowenal leef julle tot God se eer… Dis natuurlik om nou oor my te rou,maar psalm drie en twintig het ontvou.As nuwe hemelse aankomelingwil ek dit nou vir julle sing: Ek het nie bang…
-
Soos die tweede Covid golf nou lig, skryf ek aan jou hierdie gedig, want ons altwee se emosies moet uit voor die derde golf ons weer stuit… Die groter gulpende golf het hierdie keer ons boot se seile met die dood geskeur. Avbob ‘n daaglikse gesig in die hosptiaal om iemand se geliefde te kom…
-
Here, ek weetek het U vergeet.U is seker vir my kwaad,maar ek moet met U praat: Na my skof by die hospitaalhet ek in die natuur kom asem haal.Die wintergras spreek in droeë taalvan my eens suksesvolle verhaal. Ek was nog altyd die beste dokter gewees –En kon mense van allerlei siektes genees.Maar na hierdie…
-
Abba, ja my hemelse God en Vader,dankie dat ek vanaand weer tot U kan nader.U weet elke greintjie van my lyf is moegen hoe het ek die afgelope week geswoeg. Kan ek een aand deurslaap, wil ek vra,maar ek sit eers weer vandag se hartseerhier by U deurboorde voete neer,want hierdie las kan ek nie…
-
Die Jona-vis-droom het my uitgespoegmy wekker sê: Jou min slaap was genoegdrenkeling is die sand se geestelike moegweer vannag met Jona se seegras geswoeg… Here, moet ek regtig weer terugna die intensief se Ninevé gesig?Ek was dan gister heeldag daarsiekes stroom in – dit kom nie klaar… Links of regs kon ek nie kykwant links…
-
Sewe tot sewe,ek veg vir sy lewe. Die ou oom se paniekbevange oëwat bokant die masker uitstaaren met sy gehoor apparaat onklaar,maak my so diep bewoë… Dokters en ander kan kom en gaan,maar by sy bed moet ek bly staanen dit terwyl ek die tekens verstaan,waar die virus met hom heengaan… Natgesweet onder lae van…
-
Vier uur op die eerste dag kom die sms waarvoor ek wag, ja, sluip Covid in soos ‘n dief: Jy is positief… Vier uur wasem teen die kar se ruit: ongevalle te vol, ek kan eers in as iemand uit. Ek kyk hoe die ligte van die ambulans patroontjies op die lykwa dans… Die intensief…
-
Chemo deur ‘n lyn oase soek in somerwoestyn… Sandstorm van kanker – God die enigste anker. Verbleek van naar, maar Gees is daar. Vir elke vallende haar troos ‘n herfsblaar. Winter kille broos, maar nie moedeloos, want reg deur pyn die siklus soewerein. In soeke na rede bring Jesus lentevrede: Bloeiselvreugde oorspoel…
-
-

