DIGBUNDEL: BEMOEDIGING

Handdoekie

‘n Handdoekie vir jou,
sodat jy sal onthou:
Jy moet bly vertrou,
want God is getrou.

Sweet van lewenspad?
Maak hom dan nat,
sit hom op jou nek –
spoedig sal jou treë rek.

As die hartseer slaan,
droog daarmee ‘n traan.
So kry jy weer krag
om gou weer te lag.

Sit hom langs jou bed
en kniel daarop in gebed.
As jy jou hart uitstort,
sal Hy dit heel laat word.

Wees oor hom nie skaam
vat hom orals saam.
Hy sal jou help onthou:
God is en bly getrou.

As dit dan beter gaan,
koop nog ‘n handdoekie aan.
Sit die gediggie daarby –
jy sal wéét wie dit moet kry.

Langs elke handdoek bed
kniel ons saam in gebed.
Oral waar ons deel,
maak God mense heel.

So, dié handdoekie is vir jou,
spesiaal mooi toegevou.
Ek bid op myne vir jou
dat jy God sal bly vertrou…

Towel of love

A small towel especially for you
as reminder: God will come through.
He will turn every heartbroken “Why?”
into an exclamation: “On Me you can Rely!”

When hardships make you sweat,
make your towel soaking wet.
On the back of your neck it will sooth –
Soon your road will feel smooth!

When sorrows blur your view unclear,
use your towel to gently dry a tear.
Soon your hope will restore
and you will laugh more and more.

On this towel you should kneel
to pray and share what you feel.
As you trust Him more and more,
you will hear the answer: “I restore!”

When you travel take it along –
It turns sorrows into song,
because it wants to remind:
Your God is one of a kind.

As soon as you do not ask “Why, why?”,
another towel is what you should buy.
This message is meant to share
to suffering friends in need of loving care.

On all our towels together we kneel,
asking God to help and to heal.
For every crisis we share,
we know God is there.

I give you this towel of love
with a message from above:
Whenever you want to ask “Why?”,
remember on God you can rely!

Share God’s love with a buff

The power of Midian came in oppressive waves
Israel sheltered in mountain clefts and caves
They cried out to the LORD for help…. .(Jud 6:2-6)

Doctor, why do I have this pain?
There is a tumor in your brain.
She cried out to the LORD for help…

The LORD is with you, you must help those who cried.
Pardon me, but if the LORD is with us nobody would have died?
Now the LORD abondend us in the promised land…
Gideon, go save Israel, I give the enemy in your hand. (Jud 6:12-14)

The LORD is with you, you must help those who cried.
Pardon me, but if the LORD is with us nobody would have died?
If feels like the LORD abondend those in pain.
My child, go help, even in if looks in vain.

You have to many men, I cannot deliver Midian in your hand.
You will boast: My own strength has saved me and my land!
Three hundred men is all
you need to let the enemy fall. (Jud 7 :2-4).

My grace is what you must seek.
My power is perfect when you are weak. (II Cor 12:9-10)
Just start to make a buff
and start to share My love.

When trumpetblowers blew
and the sound of broken jars grew
with torches burning red
hundred and thirty thousand soldiers fled. (Jud 7:19-22)

Trumpet God’s glory in display,
we are His treasure in jars of clay.
Let light shine when death want us to fled
to reveal the life of Jesus and how he bled. (II Cor4:6-7,10-12)


Hundreds of students now share My love
In support for their friend with a buff.
Together they all kneel down to pray
for their friend in the brittle pot of clay:

We are hard pressed on every side,
but not crushed when we hide.
Perplexed: So unfair,
but not in despair.
Persecuted and thrown
but never alone!
Struck down and toyed,
but definately not destroyed. (II Cor4:8-9)

Arendsvlerke

Raak jy moedeloos in jou taak?
Dink jy God sien jou nie meer raak? (Jes 40:27)
Voel dit of jy net verloor?
Het jy dan nog nie gehoor: (Jes 40:28)

Die Here is van ewig af daar.
Hy skep in sewe dae klaar.
Moegheid raak Hom nie aan.
Sy insig kan jy nie verstaan! (Jes 40:18-29)

So kry arendskind hul vlieg se les:
Ma arend skop hul uit die nes!
Vladderend val hul na benede,
angsbevange oor die krisis in die hede.
Met groot vlerke oopgesprei,
kyk ma arend of hule dit reg kan kry.
As hulle te erg tuimel van die bang,
kom sy onder hul in om hul te vang.
Soos ‘n arend sy kuikens op vlerke dra,
netso sal Hy jou leer as jy Hom vra. (Deut 32:11-12)

Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk dié wat op Hom wag.
Hulle word nie moeg gewerk,
want hulle vlieg met arendsvlerk. (Jes 40:30-31)

Die draak wou haar verslind,
Die vrou, met die verlosser Kind.
Ja, die vrou, simbool van die kerk,
kon wegvlieg met sterk arendsvlerk. (Op 12:13-14)

Raak jy moedeloos in jou taak?
Dink jy God sien jou nie meer raak? (Jes 40:27)
Weet dan God is besig om jou vlerke te versterk,
om staande te bly teen Satan se werk.

Arendvlerke (die tweede vliegles)

Met alles in my loof ek U Naam,
want al my sonde waaroor ek skaam,
het U my van genees en vergewe –
vrygekoop uit die graf vir lewe! (Ps 103:1-5)

As arendskuiken, my eerste vliegles:
Ma arend skop my uit die nes!
Vladderend val ek na benede,
angsbevange oor die krisis in die hede.

Met groot vlerke oopgesprei,
kyk Ma arend of ek dit reg kan kry.
Toe ek te erg tuimel van die bang,
kom Sy onder my in om my te vang. (Deut 32:11-12).

Met troue liefde het U my gekroon,
U begeertes het in My kom woon.
Ek het jong arendsvelrke gekry
en vlieg deur die hemelruim vry. (Ps 103:4-5)

Maar in die gejaagde lewe, voor ek my kon kry,
is ek weer ingesuig onder die juk van slawerny. (Gal 5:1)
Met jukke om die nek vir geld prober werk-
skoon vergete die krag van U arendsvlerk…

As julle in My woorde bly,
daardie kennis maak vry.
‘n Slaaf sal nie altyd in My huis kan bly,
maar die Seun, bly vir altyd – Hy maak vry! (Joh 8:32-36)

Die draak wou haar verslind,
die vrou, met die verlosser Kind.
Ja, die vrou, simbool van die kerk,
kon wegvlieg met sterk arendsvlerk. (Op 12:13-14)

As arendskuiken, my tweede vliegles:
Ma arend skop my uit die nes!
Vladderend val ek na benede,
vol vreugde, want U is die rede!

Vir jou seer

U het hom vir haar gegee:
‘n Volbloed man van die see.
Saam kon hulle duik
in die natuur se buik.
Sorgeloos kon hulle leef
met arendsvlerke sweef.

Soos die boek Job leer
het Satan hier ook probeer:
Drie grafte in die verhaal
en self ook in die hospitaal…

Here, wees U die anker in haar nood,
tel U haar sagkens in U skoot.
Laat sy U liefde daar weer onthou
as U arendsvlerke die wonde omvou.

Ag Here, buite beeldskoon mooi
maar binne is die wonde rooi.
Laat sy my buite rekening laat
as U deur my met haar praat:

O dogter van die natuur
Ek is by jou in hierde uur.
In jou stappie in die aand se wind
sal jy My sien en vrede vind.
Ek wil dat jy in My Woord sal lees
want daar ontdek jy weer My Gees:

Al het jy so baie dinge verloor,
het jy die beter en blywende Een oor.
Al is jy deur die Satan verkul,
doen volhardend net My wil.
Behou jou vertroue en geloof
dan ontvang jy wat Ek beloof. (Heb 10:34-36).

Staan volhardend stewig:
My woorde bly vir ewig (Jes 40:6-8).
As jy wysheid kort vir dit,
moet jy dit van My af bid.
As jy nie twyfel daarmee,
sal Ek dit vir jou gee (Jak 1:5-8, Mat 7:7-8).

Glo in My, glo dat Ek kan bevry –
so kan jy in swaakry vrede kry. (Joh 14:1,27)
Jy is vrygespreek deur die geloof
daarom kan jy vasstaan in wat Ek beloof.
Jy verdien dit nie met dade,
maar het vrye toegang uit genade. (Rom 5:1-3).

As jy só op My vertrou
sal jy vrede kry in jou rou.
As jy biddend na My vra
sal Ek jou op arendsvlerke dra.
As jy verlangend oor die see uitstaar
weet Ek is in daardie oomblik ook daar!

My juk is sag

Is die juk op jou nek swaar?
Vryf hierdie room dan daar.
Of laat ‘n vriend jou masseer,
terwyl jy die Woord leer:

My Woord is lewend en kragtig
en leer van God almagtig.
Dis ‘n tweesnydende mes waarmee Ek sny
met die doel om vir jou genesing te kry. (Heb 4:12-13)

Jesus het die uitnodiging gegee:
Kom na My toe en Ek sal rus gee.
Julle moet My juk probeer
en fokus om van My te leer.

Ek is sagmoedig van hart.
En verstaan jou smart. (Mat 11:29)
Ek vernietig bande wat jou bind
Ek breek jou juk, My kind.” (Nah 1:13)

Glo in God, glo ook in My –
so kan jy in swaarkry vrede kry. (Joh 14:1,27)
Wees dus bly as jy in My lyding deel:
Wederkomsvreugde maak jou heel. (I Pet 4:13)

Voor hierdie room op kan raak,
sien die las op ander skouers raak.
Bied aan om haar nek te masseer
of dit op sy eelt-hande te smeer…

So kan julle saam van God se liefde leer
en selfs in julle swaarkry leef tot Sy eer.
Wees reg om te antwoord as ander vra,
hoe jy dit regkry om jou juk só maklik te dra! (I Pet 3:15)

Ek is dors!

Here, wat se raad het U vir my?
Ek het hierdie leemte binne my…

Dis nie leegheid nie, moet jy verstaan,
dis oor dors waaroor dit hier gaan:

Weeskinders skreeu van die dors
want hulle is weggeruk van die bors…
Armes trap die parskuip
en smag om soos diere te suip… (Job 24:9-11)

Sal U vir my water skink
dat ek net kan drink?

Elkeen wat gewone water drink
sal weer vir sy dors moet skink,
maar die water wat Ek hom gee
bring borrelend die ewige lewe mee. (Joh 4:13-15)

Jy probeer jou lewe met aardse dinge vul,
Bring dit in gebed en Ek wys jou dit verkul. (Joh 4:16)
As jy dan begin verstaan
sal jy op jou knieë gaan: (Joh 4:21-25)

Soos ‘n wildsbok na waterstrome smag
so smag ek na U, o God, dag en nag!
Ek dors na U, die lewende God – ek kwyn…
Wanneer kan ek gaan en voor U verskyn? (Ps 42:2-3)

Neem jou Bybel op en begin lees
Hoe baie het ek van dors genees:

Toe die volk dors word, verwyt hul hom:
Waarom moet ons van dors omkom? (Ek 17:3)
Elke droë mond het hier verstom:
God het water uit ‘n rots laat kom! (Eks 17:6)

Maar moenie net by die verlede staan,
dis Ek wat ook die toekoms verstaan:
As jy oppad terug van dors wil kwyn,
bring Ek vir jou water in die woestyn. (Jes 43:18-21)

Here, as ek so deur die woestyntog swoeg,
voel ek so honger, dors en moeg…
In sulke tye wil my eie begeertes my dryf
Dis hoekom U die verhaal vir mý ook skryf! (I Kor 10:1-6)

Kom, almal wat dors is,
kom na die water vir rus.
Sonder geld kan jy weet:
kom, koop, ja kom eet.
Jy kan sonder om te betaal,
jou wyn en melk kom haal.” (Jes 55:1-2)

Ek is die Brood wat lewe gee.
Vul jou behoeftes daarmee!
Wie na My toe kom sal nooit weer honger kry.
Wie in My glo, se dors sal vir altyd wegbly. (Joh 6:33-36)

Jesus aan die kruis met ‘n brandende bors:
is getart met asyn toe Hy uitroep: “Ek het dors!”
Maar Hy het dit gedoen om joú leemte te vul,
daarom het Hy uitgeroep: “Dit is vervul!”

As Hy dan jou leemtes vul met water van Hom,
sal stromende water uit jou binneste kom!
Hiermee het hy verwys na die Gees,
want as jy glo sal Hy binne jou wees! (Joh 7:37-39)

In jou oorvloei moet jy aan ander se honger dink,
in hulle dors moet jy hulle iets gee om te drink.
Moenie dat die kwaad jou wen
doen dit deur die goeie te ken. (Rom 12:17-21)

Vir elkeen wat dors het, laat Ek drink;
uit die fontein van die lewe sal Ek skink.
Elkeen wat die oorwinning behaal sal dit kry,
en Ek sal sy God wees, en hy ‘n seun vir My. (Op 21:1-8)

Die met die wit klere sal nie weer dors kry,
want die Lam wat by die troon staan
sal hulle na waterfonteine van lewe lei
en daar droog God vir hulle elke traan! (Op 7:15-17)

Die water van die lewe was soos kristal
en die boom dra vrugte op sy wal.
“Kom!” sê die Gees en die bruid
“as jy dors het”, klink dit luid! (Op 22:1,17)

Bemoediging uit II Kor 1:3-11

Aan die Vader van ons Here Jesus Christus,
kom al die lof toe, ja gewis!

Hy, die Vader, bring ontferming mee:
Dis Hy wat in elke omstandigheid moed gee.
Dieselfde bemoediging wat ons ontvang
is wat julle weer van ons verlang.
Net soos daar vir ons ‘n oorvloed van lyding in Christus is,
is daar ook vir ons ‘n oorvloed van bemoediging deur Christus.

Word ons dus in beproewing gestort
is dit dat julle bemoedig en gered kan word.
As ons bemoedig word deur God se werk,
is dit om julle te bemoedig en te versterk,
sodat julle met geduld dieselfde lyding kan verduur
wat ons ook deurgaan in hierdie harde uur.

Ons weet dat, net soos julle saam met ons deel het aan die lyding,
julle ook deel aan die bemoediging vir die bevryding.
Die swaar wat ons in Asië moes verduur,
was ver bo ons kragte in daardie uur:
Ons het selfs ons hoop om te lewe laat vaar…
Dit het vir ons gevoel asof ons die doodvonnis ervaar!

Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself moes vertrou,
maar God, wat die dooies opwek tot die lewe, moes onthou.
Hy het ons uit so ‘n groot doodsgevaar gered
en Hy sal weer – dis die vastigheid wat ons het!

Ons vertrou God se redding sal vir ons kom
omdat julle daarin saamwerk in gebede tot Hom!
So sal die gebede van baie ‘n seën van God vir ons bring,
en dan sal baie Hom vir ons dank en lofliedere sing!

‘n Pakkie beskuit

Here, hierdie mense kan nie meer:
Hulle het hulle werk verloor, o Heer!
Hulle het baie meer nodig as hierdie pakkie beskuit…
Ag Here, omvou hulle met U liefde in hierdie tyd.

Laat hulle biddend na U soek,
na U wil in die ware Boek.
Gee daaruit vir hulle rede
vir bomenslike rus en vrede.

Laat hulle veral onthou:
U is en bly altyd getrou!
Laat hulle styf aan U vashou
as U U arendvlerke oopvou.

Here, al het die situasie alles by hulle gevat,
laat hulle besef: U is hul grootste skat!
Verander dan daardeur hulle swaar hart,
bring vir hulle vreugde in plek van smart.

Vandag doop hulle hierdie beskuit in tee,
in die vertroue dat U die uitkoms gaan gee:
Ja, maak dinge vir hulle nou so heel,
dat hulle weer vir ander beskuit kan deel!

Drenkelinge

Here, hulle het alles verloor.
Hulle probeer, maar kom nie voor.
werkloosheid al vir twee jaar
aan siekte dra hul swaar.

‘n Stroom wat hulle meesleur
te sterk vir hulle om te keer.
Net as hulle dink dit kan nie slegter gaan,
kom die geluide van nog ‘n waterval aan…

Verstikkend, koud. Asem snak.
‘n Desperate gryp na nog ‘n tak…
Here, self kan hulle nie meer,
ryk U hand na hulle uit, o Heer.

Laat hulle op die sand uitspoel
en weer warm sonlig voel.
Gee hulle saadjies om te plant –
die hoop van bome op waterkant.

Soos dit weer ontkiem en groei,
en die Gees deur nuwe worteltjies vloei
bring U weer bloeisels aan vrugtebome,
met nuwe vertroue in verlore drome.

Here en as dit dan gebeur
sal ons net U kan eer,
want menslik gesproke,
is hulle nou gebroke.

Vandag nog in die paradys!

‘n Man met ‘n verslae hart
verskeur deur diepe smart:
Verwyt, verwoes, verskriklik leeg,
sy dogter het selfmoord gepleeg…

Jaar vir jaar sleur hy aan
worstel sonder verstaan.
Huwelik daarmee heen.
in sy worstelstryd alleen.

Deur die Gees is hy gestuur
na die plek van daardie uur.
In ‘n botteltjie in die bos
is ‘n briefie vir hom gelos.

Liewe pa, ek het pille gedrink,
maar toe aan pa se preek gedink.
Die Here het vir die sondaar aan die kruis
sy eindpunt vir sy swaarkry dag gewys:

“Vandag is jy saam met My in die paradys!”
Die Gees het my dit vandag ook gewys.
Ek was reeds te swak om hulp te kry,
maar weet: Ek het vandag vergifnis gekry!

Met my laaste asem wil ek smeek:
Pa moet asseblief nie ophou preek,
ander stukkendes gaan alles verloor,
as hulle nie ook hierdie woorde hoor…

Vreugdetrane heel druppel vir druppel die smart,
en preek hy aangedaan vir gebrokenes van hart:
Jou sonde en verlede is nooit vir God te veel.
Buig voor Hom neer – Hy wil dat jy dit met Hom deel.

Hy sal jou stukkende lewe ook herstel,
sodat jy aan ander gebrokenes kan vertel:
Hoor die genadewoorde van Jesus aan die kruis:
“Vandag nog is jy saam met My in die paradys!”

My tye is in U hand

Hoe lank nog Here, wil ek weet:
Gaan U my vir altyd vergeet?
Hoe lank nog moet ek die kwellinge dra,
en met kommer in my hart na U vra? (Ps 13:1-3)

Sien my swaakry,
Here, antwoord my.
Ek is bewoë,
verlig tog my oë. (Ps 13:4, 2020)

My kind, jy vra vir My die tyd,
met ‘n sweempie van verwyt.
Oor tyd kort jy insig,
so ja, Ek sal jy oog verlig:

Ek het voor tyd bestaan,
ja, dae het deur My onstaan.
In jou hart dink jy dat alles oor tyd gaan,
maar die begin en einde van My werk kan jy nie verstaan. (Gen 1, Pred 3:11)

Daar is niemand soos Ek op wie jy kan vertrou.
Ek is jou hulp wat verhewe deur die hemel ry.
Net by My, die God van voor tyd, kan jy ‘n skuilplek kry.
Ja, onder jou is My ewige arms ingevou. (Deut 33:26-27)

Daar is niemand soos Ek op wie jy kan vertrou.
Ek het van die begin af die afloop bekend gemaak,
dit wat nog nie gebeur het nie, ‘n vaste saak.
Ja, My raadsbesluit sal vir ewig standhou. (Jes 49:9-10)

Die tyd was vervul, en priesies op die uur
het Ek my Seun na die aarde toe gestuur,
sodat jy nou as My kind tot My kan nader
en My aanroep as Abba, Vader! (Gal 4:4-6)

As ek jou oog dan nou so verlig,
bekeer jou, vertrou en draai terug.
Op die tyd van verkwikking se uur,
sal ek Jesus Christus na julle toe stuur. (Hand 3:19-21)

Jy het gevra hoe lank jy moet wag:
Vir My is duisend jaar soos ‘n dag.
Ek is maar net geduldig met jou,
want jy moet jou bekeer en vertrou. (II Pet 3:8-10)

Wie só op die Here wag,
herwin weer hulle krag.
Hulle kry nuwe arendsvere
en hardloop met die krag van die Here. (Jes 40:28-31)
Daar is niemand soos Ek op wie jy kan vertrou:
Ek kan vernedering na verhoging omkeer.
Sit al al jou bekommernis biddend op My neer,
ja, want Ek, die ewige, gee baie om vir jou. (I Pet 5:6-7)

Op U troue liefde kan ek vertrou.
My hart wil oor U verlossing juig.
Ek wil singend van U getuig,
omdat U goedheid my omvou! (Ps 13:6)

Vreugde vir die leegte

‘n Ma, kop in die hande, snukkend,
haar gemoed binne stukkend,
haar hart rondom rou geskaaf,
want haar tiener dogter is verslaaf.

‘n Klein seuntjie het al wat sy hart begeer,
maar die verlange na liefde verteer:
Sy ouers, so besig, probeer kompenseer
en gee nog goeters, meer en meer…

‘n Gesiene man voel so magteloos,
sy vrou dink drank sal haar troos.
Hoe meer sy haar minderwaardigheid wegdrink,
hoe meer begin hy aan ‘n ander vrou dink…

Al die finansiële oorlewingsdruk,
maak dat sy ‘n tweede werk indruk.
‘n Eindelose uithou vir die strewe,
dat haar kind eendag beter kan lewe.

Terwyl die ambulanslig gloeiend dans,
kry ‘n erg verwonde ‘n tweede kans.
Hy werk in die trauma van die eerstelyn,
maar begin self stukkie vir stukkie wegkwyn…

God regeer

U hou alle dinge in stand.
Ja, alles is in U hand. (Heb 1:3)
Nie eers ‘n haar val van my hoof
sonder U wil, het U beloof. (Luk 21:18)

U is ten volle in beheer.
U is die een wat regeer. (Heb 1:4)
Al voel dit soms U moes keer,
selfs dan was dit U wil, o Heer. (Gen 50:20)

Dis U manier om my te smee
en so werk alles ten goede mee. (Rom 8:28)
U gebruik elke aardse daad
as deel van U ewige raad. (Ef 1:3-6)

Selfs deur die seer
is U besig om my te leer. (I Pet 1:6-7)
Daarom wil ek U eer
vir alles wat gebeur. (Ef 1:6)

Party wil nie meer opstaan,
ander moet na Denmar gaan,
ander probeer selfmoord pleeg,
ander is van binne dolleeg…

Al sou ek alles uitdeel,
is die moeilikheid te veel.
Al wat ek regtig het
is die krag van gebed:

O Here, U is die een wat alles weet,
ja, ook van elkeen se vreeslike leed.
Ek wil elkeen van julle aan U opdra,
en dit is wat ek van U wil vra:

Ek bid dat hulle meer Bybel sal lees,
want daardeur werk U Heilige Gees.
Hy is die Tooster wat in harte kom bly,
en die enigste manier om oplossings te kry.

Laat hulle sien U het alles gemaak,
en instandhouding daarvan U taak.
Laat hulle weer stukkie vir stukkie vertrou,
soos die ou verhale voor hulle ontvou:

Josef het in boeie na Egipte geloop:
Sy broers het hom as slaaf verkoop!
Maar U het hom onderkoning gemaak:
Die redding van U volk sy geroepe taak…

Die Israeliete was met hul rug teen die muur,
maar U was daar juis in daardie uur:
U het die Rooisee oopgekloof
en die verlostes kon U singend loof.

Honger en dors in ‘n woestyn.
Deur slange gepik en vol pyn…
Rotswater en manna – net daar.
Verlossing deur na ‘n slangpaal te staar…

Sonder om te veg het Jerigo se mure geval.
Gideon se manne net driehonderd in getal.
‘n Reus met ‘n slingervel doodgemaak.
Verlossing, telkens U, die Almagtige se taak.

U het Jesaja vooruit laat voorspel,
en jare later is die verhaal vertel:
Uit ‘n maagd is ‘n Kind gebore,
gekom vir elkeen, so verlore.

Twaalf mandjies oorbly brood is opgetel.
Kindertjies geroep en op Sy skoot getel.
Die vrou by die put kry Lewende water,
en Sy vervolgers word al kwater.

U het U liefde vir ons elkeen gewys,
en U Seun gespyker aan die kruis.
Deur die dood het Hy vir ons gegaan,
vir die ewige lewe vir ons opgestaan.

Ag Here, om my is swaarkry onverdien.
Laat hulle asseblief tog weer lees.
Open dan hulle oë dat hulle U sal sien.
Ja, Here vul hulle harte met U Gees.

Laat hulle weer al U beloftes onthou.
Laat hulle weer kinderlik vertrou.
Laat hulle elkeen weer weet:
U maak vir hulle ‘n plek gereed.

Vervang hulle huidige leegte,
met U uitbundige vreugde,
sodat hulle, U die enigste Heer,
weer sal loof en prys en eer.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading