Diere uit die see, maar die Allerhoogste gee nie mee

Winde wat uit al vier rigtings waai,
het die see onstuimig laat draai.
Vier groot diere uit die see,
deel die toekoms mee: (Dan 7:1-3)

‘n Wrede leeu met arendvlerk.
‘n Beer met ‘n bek so sterk.
‘n Luiperd waar vier koppe uit toring
‘n Monster met ystertande en tien horing. (Dan 7:4-8)

Op die troon was Hy wat ewig lewe
Sy klere, wit soos sneeu, gewewe.
Sy troon ry op wiele van vuur.
Die hofsitting begin daardie uur. (Dan 7:9-10).

Die diere is daar skuldig verklaar:
Een gedood, die ander ‘n tyd gespaar. (Aan 7:11-12)
Op die wolke kom die Seun van die mens:
Aan Sy heerskappy is daar geen grens. (Dan 7:13-14).

Ek het bang na die gesig gestaar,
dit is toe vir my só verklaar:
Daar sal vier koninkryke ontstaan,
maar die Allerhoogste sin bly bestaan! (Dan 7:15-18).

Die dier met tien horings het my verstom:
Uit hom sal daar een kom
wat vir ‘n vasgestelde tyd
heiliges vervolg ver en wyd. (Dan 7:24-25)

Die einde van die diere se verhaal
word in hemelse ‘n hofsitting bepaal.
Die heilige volk sal dan al die mag kry
en vir ewig in die Allerhoogste se koninkryk bly. (Dan 7:27-29)