Die beeld wil leer: God is die grootse Heer

Nebukadnesar het hom oor ‘n droom ontstel.
Hy vra toe sy wyses om die betekenis vir hom te vertel.
“Mag u lank lewe. Ons sal u droom vir u kan uitlê,
maar wat u gedroom het, moet u vir ons sê.” (Dan 2:1-4)

“As julle my nie die droom en sy uitleg gee,
sal ek julle in stukke kap en jul huise daarmee.
Julle gaan my net ‘n klomp leuens vertel,
gee my die droom of ek gaan oordeel fel.” (Dan 2:5-9)

“Geen mens op aarde het daardie mag:
U kan nie so iets van ons verwag!
Niemand sal kan doen wat u vra
behalwe die gode”, het hulle gekla. (Dan 2:10-11)

Die koning word toe kwaad
en gee opdrag vir die daad…
Daniël vra toe vir uitstel
voor die koning die oordeel fel. (Dan 2:12-16)

Daniël het sy drie vriende gevra
om saam die saak aan God op te dra.
God het die geheim aan Daniël gewys
en Daniël het die God van die hemel geprys. (Dan 2:17-19)

Ek wil die Naam van God prys:
Hy is magtig en wys.
Hy wat tye en omstandighede bepaal,
wat konings afsit en ander gaan haal. (Dan 2:20-21)

Hy is die een wat wysheid gee.
Hy deel ondeurgrondelike dinge mee.
Hy het ons gebed verhoor,
nou kan die koning die uitleg hoor. (Dan 2:22-23)

Kan jy vir my die droom gee
en ook die uitleg saam daarmee? (Dan 2:24-26)
Daar is ‘n God wat geheime openbaar:
Hy wil vir u die toekoms verklaar. (Dan 2:27-29)

Dis nie ek wat in wysheid blink
maar u het oor vrae nagedink.
God wil u antwoorde daarop gee
en Hy het ook ‘n groter doel daarmee. (Dan 2:30)

U droom was ‘n visioen van ‘n beeld
met verskillende metale uitgebeeld.
Die beeld se kop was van suiwer goud.
Die bors en arms met silwer se koud. (Dan 2:31-32)

Hy was brons by die heupe en maag.
Sy bene was een soliede ysterlaag.
Sy voete was deels yster en klei.
Sy skrikwekkendheid kan jy nie vermy. (Dan 2:32-33)

U het ‘n klip uit ‘n rots sien kraak
sonder dat ‘n hand daaraan raak.
Dit het die yster, die brons, die klei,
die silwer en die goud oral versprei. (Dan 2:34-35)

U is die groot en magtigste koning,
maar dit kom van God uit sy hemelwoning.
U heers oor die wêreld en pas al die diere op.
U is die beeld se goue kop. (Dan 2:37-38)

Na u sal ‘n ander ryk kom,
sy belangrikheid sal nie verstom.
Die derde ryk met brons uitgevoer,
sal oor die hele wêreld heerskappy voer. (Dan 2:39)

Die vierde se yster stamp alles fyn,
dit vergruis alles en bring so pyn.
In die voete is daar yster tussen klei –
dié koninkryk kon verdeeldheid nie vermy. (Dan 2:41-43)

In die tyd sal God ‘n koninkryk oprig
wat vir ewig voor niemand sal swig.
Dit sal al die ander verpletter!
Hierdie uitleg is waar tot op die letter. (Dan 2:44-46)

Hierdie droom gaan u direk raak,
God het dit aan u bekend gemaak.
U kan die toekoms in staar
want hierdie droom is waar. (Dan 2:46)

Nebukadnesar het diep voor Daniël gebuig,
Graan geoffer en aan hom eer betuig.
Werklik, julle God is die grootste Heer
wat ook alle konings en gode beheer. (Dan 2:46-49)

En jy wat nou hier lees,
besef dit was presies so gewees?
Hierdie beeld wil jou ook leer
God is die grootste Heer:

Die Babelse ryk se mag het gepryk.
Die Meders en Perse was nie soortgelyk.
Die Grieke het die aarde beheer.
Die Romeine het tot Christus se koms regeer.

Oral op aarde is voete van klei,
mag is verdeel en oral versprei.
Maar as jy bly glo dat Hy bestaan,
sal jy na die ewige koninkryk gaan!


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply