Josia was ‘n skamele ag,
toe kry hy koninklike gesag.
Hy nie links of regs gewyk,
van hoe God se wil gelyk. (II Kron 34:1-3)
Hy het Jerusalem godsdienstig gesuiwer.
Gegote beelde vernietig sonder huiwer. (II Kron 34:19-25)
Terwyl hulle die tempel herstel,
het die staatsekretaris kom vertel.
Hy het die wetboek voor kom lees
en die koning het God gevrees,
want Sy toorn word uitgestort –
‘n vlam wat nie geblus kan word.
Waarin het Ek dan gefaal
dat jul vaders afgode betaal?
Maar jy het berou getoon –
daarvoor sal ek jou beloon. (Jer 2:5)
Hulle het toe ‘n verbond gesluit
en op God as hul God besluit.
Hier het hulle saam beloof
om Hom met hart en siel te loof.