Jeremia spreek oordeel uit oor Juda se laaste herders (Jer 23, II Kron 36).

Ellende gaan Ek jul verskaf
Ja, Ek gaan die herders straf.
In plaas van liefdevol draag,
is My skape uitmekaar gejaag. (Jer 23:1-2)

Jojagin regeer nie eers ‘n jaar.
toe kom haal die vyand hom daar.
Sedekia kom toe in sy plek,
straf se tafel is reeds gedek… (II Kron 36:9-10).

Maar ek sal self my kudde genees,
hul sal hier weer vrugbaar wees.
Ek staan self daarvoor borg,
dat die nuwe herders sal versorg. (Jer 23:1-6)

Die Here sê daar kom ‘n tyd
vir Dawid se regverdige spruit:
‘n koning wat verstandig sal regeer.
Ja, een wat My naam sal eer.

Jesus het dit kom vervul,
Sy skape in liefde gehul.
Hy is die Herder wat jou ken,
daarom kan jy nou net wen.
Hy lê Sy lewe vir sy skape af.
Ja, ook vir jou dra Hy die straf! (Joh 10:14-15)