Ek is die magtigste koning verseker:
Kyk, ek drink uit hul God se beker!
Juis in daardie glorie uur
skryf ‘n hand op die muur: (Dan 5:5-8)
Getel, getel, geweeg en verdeel.
Dis Ek wat met konings speel.
Die koning het van vrees gebewe.
Dié nag was die einde van sy lewe. (Dan 5:25-30)
Leave a Reply