God is in beheer, gee Hom die eer!

Hierdie boek wou Israel leer:
Ten spyte van die ballingskap se seer,
God bly altyd in beheer.

Konings dink hulle sal altyd regeer,
maar elkeen lê die tuig weer neer,
want God is in beheer.

Nebukadnesar wou homself vereer,
maar selfs die vuuroond is gekeer.
Hy moes soos ‘n dier gras verteer
en so het Nebukadnesar hom bekeer,
want God is in beheer.

Belsassar het tempelskatte onteer
Die Skrif teen die muur sê weer:
God bly altyd in beheer!

Darius het die leeukuil probeer,
maar Daniël kry nie seer,
want God is in beheer.

Die engel het Daniël se visioene interpreteer.
En só die volk se toekoms vir hom geleer:
Dis duidelik God is in beheer.

Hou jy ook daaraan vas in jou seer:
Soos Daniël, bid en lees Bybel meer,
sodat jy weer kan leer:
God is altyd in beheer.

Ja, Christus kom weer,
en niemand kan dit keer,
want God is in beheer!
Aan Hom die eer!


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply