Honderd en twintig goewerneurs het regeer,
drie ministers was oor hulle in beheer.
Die bekwame Daniël het onder hulle getel.
Die koning wou hom oor almal aanstel. (Dan 6:1-4)
Die ministers en goewerneurs-generaal
soek toe iets waarin Daniël faal.
“Ons kon geen onreëlmatigheid sien,
kom ons misbruik hoe hy sy God dien.” (Dan 6:5-6)
U moet ‘n dekreet uitvaar
En daarin moet u verklaar:
Die wat nie net vir u aanbid,
beland in die leeus se put. (Dan 6:7-10)
Toe Daniël dit hoor het hy huistoe gegaan
En soos sy gewoonte was net voortgegaan
Om drie maal per dag voor sy God te buig
Hom te aanbid en dank en vir Hom te juig. (Dan 6:11)
Mag die koning baie lank lewe!
Ons hoef u nie die dekreet te wys?
Maar Daniël bly bid en sy God prys
U kan hom nie daarvoor vergewe. (Dan 6:13-14)
Die koning het ‘n plan probeer maak,
maar die vyande beveg die saak…
“Dis die Meders en Perse se wet!
Mag jou God jou van die leeus red.” (Dan 6:15-17)
Daniël, is jy nog daar?
Kon jou God jou bewaar?
Mag die koning lank lewe.
Ek hoef nie vir leeus te bewe! (Dan 6:18-23)
Hier is nou ‘n nuwe gebod
Daniël se God is ‘n lewende God.
Julle moet Hom eer en vrees.
Sy koninkryk sal vir ewig wees! (Dan 6:26-29)