Tag: Sagaria
-
Soos in ‘n oond sal hul brand op dié dag!Maar die wat in eerbied op My bly wag,kry genesing uit die son wat redding straalen sal vrylik bokspring in die kalwerkraal!
-
Die PDF is gratis, solank as wat jy dit weer gratis versprei. Ons skenk Bybels met ons uitreike, So as jy een Bybel skenk vir elke bundel wat jy aflaai, sal dit baie help! Ons kan Suid Afrika tale Bybels vir R100 gekoop kry. Bybels vir Afrika beloop in die orde van R250. Ons verkies…
-
Die Koning kom – wag vir Hom!Nederig op ‘n donkie sal Hy kom.Pyl en boog sal Hy breek.“Vrede vir julle” sal Hy preek. Die aardse herders het gefaal…Ek stuur My Herder: Gaan betaal!Hul het My genade nie oorweegen dertig silwerstukke afgeweeg!
-
Julle moet julle na My bekeer, dan Sal ek weer na julle terugkeer (Sag 1:3) Die ruiters en perde leer die volk vertrou: God sal Jerusalem en die tempel herbou. (Gesig 1) Die ambagsmanne kom na die horings aan. So word die volk se verdrukkers verslaan.(Gesig 2) Die maatlyn vir die stad se muur: God…
-
Ek bring ‘n gees van berou. Hulle sal dan wel onthou.Oor My dood sal hul treur,en besef ek is die Heer! Gelouter soos goud in vuur,so reining ek jul in dié uur.Ek sal jul gebede verhoor,en julle sal jul vuilheid verloor. Jul kom nou net uit ballingskap terug, maar hoor hierdie harde berig:Die dag van…
-
Is dit nog gepasdat ons moet vas? Wat is dit wat jul hart begeer?Is die gevas werklik tot Mý eer? Liefde moes jul bewys,maar jul harte was van ys.Daarom het Ek julle verstrooi,maar luister die keer mooi: Ek is hartstogtelik oor jou begaan.My almag en trou sal jy verstaan:Bejaardes met kieries ryp in jaaren kinders…
-
Sagaria se sesde gesig (Sag 5:1-4).‘n Reuse boekrol het in die lug gesweef:Vervloeking waarvoor die dief moet beef. Sagaria se sewende gesig (Sag 5:5-11).‘n Mandjie met lood toegehou:Binne in sit die goddelose vrou!Twee vroue kom aangesweef,dié mandjie moet in Sinar leef. Sagaria se agste gesig (Sag 6:1-8).Vier strydwaens het uit die berge gekom.Hulle kruis die…
-
Sagaria se vierde gesig (Sag 3:1-10). Die Here het my nog ‘n gesig laat sien: Jesua het voor die engel gestaan.Die Satan kla hom toe daar aan.“Satan, jý is die een wat straf verdien!” ‘n Stuk hout uit die vuur gered, so vuil,julle moet dit met skoon klere ruil.Jesua, Ek het al jou oortredings vegeefJy…
-
Sagaria se eerste gesig (Sag 1:8-17).Daar het ‘n man op ‘n bruin perd gesitDie agterste perde was bruin, vos en wit.Ek het gevra: “Meneer, wat beteken dit?”Die ruiters moes die wêreld deurkruis.Dit is rustig en stil in elke huis.Wanneer bring u ontferming daar?U toorn duur al sewentig jaar! Julle kan maar op beloftes vertrou:My tempel…
-
