Oorsig oor die boek Sagaria

Julle moet julle na My bekeer,
dan Sal ek weer na julle terugkeer (Sag 1:3)

Die ruiters en perde leer die volk vertrou:
God sal Jerusalem en die tempel herbou. (Gesig 1)

Die ambagsmanne kom na die horings aan.
So word die volk se verdrukkers verslaan.(Gesig 2)

Die maatlyn vir die stad se muur:
God beskerm rondom soos vuur!(Gesig 3)

Die hoëpriester, ‘n teken van iets wat kom:
My dienaar, Loot, noem hul Hom.(Gesig 4)

Die oliebak, olyfbome en kandelaar,
het die Gees se teenwoordigheid verklaar.(Gesig 5)

‘n Reuse boekrol het in die lug gesweef:
Vervloeking waarvoor die dief moet beef.(Gesig 6)

‘n Mandjie met lood toegehou:
Binne in sit die goddelose vrou!(Gesig 7)

Die perde en die wa
Bring oordeel en gekla.(Gesig 8)

Julle moenie kerk-kerk speel:
godsdiens is nie ‘n leë ritueel!(Sag 7-8)

Nederig op ‘n donkie sal Hy kom,
met dertig silwerstukke verwerp hul Hom! (Sag 9-11)

Na ons gesuiwer deur vuur, kom Hy weer.
Wanneer dit sal wees weet net die Heer! (Sag 12-14)