Is dit nog gepas
dat ons moet vas?
Wat is dit wat jul hart begeer?
Is die gevas werklik tot Mý eer?
Liefde moes jul bewys,
maar jul harte was van ys.
Daarom het Ek julle verstrooi,
maar luister die keer mooi:
Ek is hartstogtelik oor jou begaan.
My almag en trou sal jy verstaan:
Bejaardes met kieries ryp in jaar
en kinders speel op die pleine daar.
Wat vandag vir jou onmoontlik lyk,
sal deur My almag more pryk.
Julle sal my volk wees,
Ek sal julle God wees.
Praat die waarheid met mekaar,
laat reg en regspraak geld ook daar.
Baie volke sal kom
om te vra na Hom!
En jý, is jou godsiens net ‘n ritueel?
Tot jou eie eer sonder om te deel?
Wanneer gaan jy verstaan:
Hy is hartlik oor joú begaan?
Leave a Reply