Gesigte voor die terugkeer

Sagaria se eerste gesig (Sag 1:8-17).
Daar het ‘n man op ‘n bruin perd gesit
Die agterste perde was bruin, vos en wit.
Ek het gevra: “Meneer, wat beteken dit?”
Die ruiters moes die wêreld deurkruis.
Dit is rustig en stil in elke huis.
Wanneer bring u ontferming daar?
U toorn duur al sewentig jaar!

Julle kan maar op beloftes vertrou:
My tempel sal julle weer herbou!
Ek gaan weer genade betoon
en gaan weer tussen julle woon!

Sagaria se tweede gesig (Sag 1:18-21).
Ek het vier horings gesien:
Dis die nasies wat straf verdien
Daar kom ambagsmanne aan
Wat die nasies kom verslaan.

Sagaria se derde gesig (Sag 2:1-13).
Wat gaan u met die maatlyn meet?
Ek moet die breedte van Jerusalem weet.

Jerusalem word ‘n stad sonder muur.
Ek self is rondom hom soos vuur!

Baie nasies sal hulle aan die Here verbind.
Ek sal in jou woon, Sion, elkeen My kind.

Wees stil voor die Here al wat leef!
Hy kom uit sy heilige woning gesweef.


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply