Sagaria se gesigte oor die tempel

Sagaria se vierde gesig (Sag 3:1-10).

Die Here het my nog ‘n gesig laat sien:
Jesua het voor die engel gestaan.
Die Satan kla hom toe daar aan.
“Satan, jý is die een wat straf verdien!”

‘n Stuk hout uit die vuur gered, so vuil,
julle moet dit met skoon klere ruil.
Jesua, Ek het al jou oortredings vegeef
Jy moet nou volgens my voorskrif leef.

Jy sal die amp van hoëpriester kry.
Soos engele sal jy toegang kry tot My.
Jy, ‘n teken van iets wat kom:
My dienaar, Loot, noem hul Hom.

Kyk, die een klip het sewe oë,
want net Ek het die vermoë
om hul sonde van hul te vervreem
en op een dag dit weg te neem!

Sagaria se vyfde gesig (Sag 4:1-14).

Ek het gesien daar is ‘n kandelaar.
‘n Oliebak met sewe tuite is ook daar.
Twee olyfbome het ek ook gewaar.

Jy sal nie slaag met mag en krag.
Net deur My Gees kan jy dit vermag:
Serrubbabel het die fondamente gepak,
Hy sal ook klaarmaak met die dak.

Die tempel is voltooi (Esra 6).

Uiteindelik is die tempel klaar gebou.
Die volk het toe Paasfees gehou.

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading