Gelouter soos goud in vuur (Sag 12-14).

Ek bring ‘n gees van berou.
Hulle sal dan wel onthou.
Oor My dood sal hul treur,
en besef ek is die Heer!

Gelouter soos goud in vuur,
so reining ek jul in dié uur.
Ek sal jul gebede verhoor,
en julle sal jul vuilheid verloor.

Jul kom nou net uit ballingskap terug,
maar hoor hierdie harde berig:
Die dag van die Here kom –
plunder, verkragting – die hele som!

Maar jy hoef nie te vrees,
die hemelwesens sal by jou wees!
Ja, jou Koning kom weer,
wanneer, weet net die Heer!

Ja, Ek bring die berig,
van dan af is dit altyd lig!