Chemo deur ‘n lyn
oase soek in somerwoestyn…
Sandstorm van kanker –
God die enigste anker.
Verbleek van naar,
maar Gees is daar.
Vir elke vallende haar
troos ‘n herfsblaar.
Winter kille broos,
maar nie moedeloos,
want reg deur pyn
die siklus soewerein.
In soeke na rede
bring Jesus lentevrede:
Bloeiselvreugde oorspoel
in die vrugte van Sy doel.
Leave a Reply