Category: Gebed


  • Ek wil U o God, die Vader loofwant ek het gehoor van my vriende se geloof. (Kol 1:3-4)Daarom sal my gebede na U onophoudend weesdat U hulle al die wysheid en insig sal gee, deur U Gees. (Kol 1:9) Here help hulle dat hulle na U wil sal streween so sal doen wat U verlang…

    Continue Reading


  • O Vader, ek bid vanoggend Filippense een vers nege tot elfvir my, maar ook al die ander wat graag in U Woord delf. Ek bid dat ons liefde sal bloeial hoe meer sal toeneem en groei.Dat ons so begrip en ‘n fyn aanvoeling sal kry,sodat ons dit wat saak maak kan onderskei. Sodat wanneer U…

    Continue Reading


  • Here, laat Jakobus drie vers twaalf my leerdat U my vandag waarsku om my tong te beheer. Here vir perde sit ons ‘n stang in die bekom hom sturend na links of regs te trek.Groot skepe word deur winde aangedryfnet so is die tong die roer van mag vir die lyf. (Jak 3:1-5) ‘n Groot…

    Continue Reading


  • O God, bewapen my met twee Korinthe drie vers vyfen bind dit as wapen om my menslike lyf: Ek leef hier in ‘n swak menslike liggaam,maar ek dra nie menslike wapens saam.Ek dra die kragtige wapens van U, o Godwaarmee vestings vernietig kan word. Met U Woord kan ek redenasies vernietigen aanvalle teen die kennis…

    Continue Reading


  • Rom 12:1-2

    O God, ek dank U uit Romeine twaalf vers en een twee,want U barmhartigheid bring vir my dankbaarheid mee.U roep my om my liggaam as lewende offer te gee:Heilig en aanneemlik vir U, o God, in elke lewenstree. Help my om nie gelykvormig aan die wêreld te wees,maar verander en vernuwe my denke deur U…

    Continue Reading


  • Psalm 127:1-2

    o Here, ek bid vir die wat ek bedien,dat hulle psalm honderd sewe en twintig sal sien, Van hulle is heeldag besig om te swoeg,hulle werk trek hulle in al van vroeg…Hulle gun hulleself nie eers tyd om by U voete te sit.Hulle inspanning vir brood laat hulle vergeet om te bid… Laat hulle weer…

    Continue Reading


  • Johannes 15:1-8

    Johannes vyftien het my eers geskok,want U sny alle lote aan die wingerdstokJa, slegte lote gooi U weg…Die wat vrug dra, snoei U reg. (Joh 15:1-2) Sonder om in U te blysal niemand vrugte van my kry.U is wingerdstok, ek is die loot – sonder U gaan ek versker dood! (Joh 15:4-6) Maar tog wil…

    Continue Reading


  • Lukas 14:25-33

    O God, ek wil so graag U dissipel wees,maar ek bid, want ek het Lukas veertien gelees. Daar staan: Om na U toe te kom vra,dat ek U meer liefhet as my pa en ma.U roeping laat my in nederigheid bewe,want U vra meer as my vrou en eie lewe. U waarsku ek kan nie…

    Continue Reading


  • Markus 12:29-31

    O God, ek bid dat hulle wat ek bedien,weer vandag die grootste gebod sal sien.Ja, dat hulle uit Markus twaalf sal leer:U o Here God, U alleen is die Heer. Here, hulle is met wetstake verward,laat hulle U liefhet met hulle hele hart.Laat hulle besef dis nie wat hulle doen met hul hand,maar liefde van…

    Continue Reading


  • Spreuke 3

    Here, vanoggend bid ek uit Spreuke drievir amal wat soekend is na U,want U wil dat ons moet weetdat ons nie U onderrig moet vergeet. (:1) O God, gebooie het ons van U gekrylaat ons met ons hart daarby bly.U wys ons hier dit is die redevir ‘n lang lewe, gevul met vrede. (:2) Ja,…

    Continue Reading