Rom 12:1-2

O God, ek dank U uit Romeine twaalf vers en een twee,
want U barmhartigheid bring vir my dankbaarheid mee.
U roep my om my liggaam as lewende offer te gee:
Heilig en aanneemlik vir U, o God, in elke lewenstree.

Help my om nie gelykvormig aan die wêreld te wees,
maar verander en vernuwe my denke deur U Gees,
sodat ek U wil, O God, goed kan onderskei
om te weet wat aanneemlik en volmaak is vir my.