Markus 12:29-31

O God, ek bid dat hulle wat ek bedien,
weer vandag die grootste gebod sal sien.
Ja, dat hulle uit Markus twaalf sal leer:
U o Here God, U alleen is die Heer.

Here, hulle is met wetstake verward,
laat hulle U liefhet met hulle hele hart.
Laat hulle besef dis nie wat hulle doen met hul hand,
maar liefde van die hele siel en hele verstand.

Laat hulle besef dis nie oor wat hulle vermag,
maar of hulle liefhet en met al hulle krag.
Laat hulle besef dat alles wat hulle, hulleself toesĂȘ
is waarmee U wil, dat hulle, hulle naaste lief moet hĂȘ.

Amen