Salomo (I Kon 12, II Kron 10-11)
Adonia het Dawid probeer kul
om so sy koningstroon te vul.
Batseba het Dawid laat verstaan
en hy wys toe vir Salomo aan.
Salomo het wysheid begeer
en hy kry ook rykdom en eer.
Die koningin van Skeba kom kyk
hoe Salomo se wysheid lyk.
Salomo het op God vertrou
en vir Hom die tempel gebou.
Die Allerheiligste het die ark omhul –
deur God se teenwoordigheid gevul.
God hou Sy beloftes stand:
van Egipte tot Babel die land.
‘n Tydperk van vrede daar,
hul het God’s Woord bewaar.
Op perde en mag begin vertrou.
‘n Duisend vroue het hy getrou.
Deur hul afgode is hy verlei.
Tot die ryk verdeling sou dit lei.
Al die konings wat so faal,
vertel almal die een verhaal:
‘n Soeke na die volmaakte Koning –
een wat woon in ‘n ewige woning!
Die volk skeur, maar God in beheer (I Kon 12, II Kron 10-11)
Na die magtige Salomo,
verloop die geskiedenis so:
Salomo se seun, Rehabeam,
is by Sigem as koning gekroon
Nebat se seun, Jerobeam,
het as vlugteling in Egipte gewoon. (I Kon 12:1-2, II Kron 10:1-2)
Die volk het by Rehabeam kom kla
“U vader het ons ‘n swaar juk laat dra
As u ons van sommige laste bevry,
sal ons steeds u onderdane bly.” (I Kon 12:3-4, II Kron 10:3-4)
Hy het die manne in diens van sy pa,
die ouer manne, raad gevra:
As u dit goed bedoel met hierdie nasie,
gee hulle ‘n bietjie belasting grasie. (I Kon 12:5-7, II Kron 10:5-7)
Maar hy het hulle die raad die wind in geslaan
toe die jong manne voor hom kom staan:
My pa het julle met swepe geslaan,
Ek sal julle die taal van gesels laat verstaan! (I Kon 12:10-14, II Kron 10:10-14)
Al het Rehabeam die saak so geskik
was dit so deur die Here beskik…
Die tien stamme: Aan Dawid het ons nie deel
en so is die volk in twee verdeel. (I Kon 12:15-19, II Kron 10:15-19)
Jerobeam het uit Egipte teruggekeer
Die tien stamme het om as koning vereer.
Net twee stamme was Rehabeam sin:
Juda en die stam Benjamin. (I Kon 12:20-21)
Rehabeam wou dit met oorlog gaan onderdruk,
maar God het die anders beskik:
“Gaan huis toe, wat gebeur kom van My!”
Hulle het geluister en tuis gebly. (I Kon 12:21-24, II Kron 11:1-4)
Rehabeam het sy vestingstede herbou
en so beheer oor Juda en Benjamin behou.
Die priesters moes voor Jerobeam vlug
en kom toe na Jerusalem terug. (II Kron 11:5-14)
Van die volk wou nog die Here aanbid
en het hulle na Jerusalem versit
na die tempel, die sentrum van hul kerk
en so die ryk van Juda verder versterk. (II Kron 11:16-17)
Al het die volk deur mense se optrede geskeur
wys die gedeelte God bly steeds in beheer (:15,24)
vertrou daarom in jou omstandighede op die Heer
en gee Hom, ten spyte van alles, lof en eer!
Luister en lewe, anders bewe… (I Kon 12:25-14:20)
Jerobeam het besef dat die tempel in Jerusalem staan
en dat die volk vir offers daarheen sou gaan
So, om te keer dat hulle van hom afvallig sou raak
het hy vir hulle kalwer beelde in Bet-El en Dan gemaak. (I Kon 12:25-29)
Jerobeam het die volk in sonde in verlei
en hulle het die beeld na Dan toe begelei
en sommer self besluit wanneer hou hulle fees
en wie van die volk nou priesters kon wees… (I Kon 12:30-32)
Net toe Jerobeam die offer wou aansteek
het daar ‘n jong profeet uit Juda vir hom begin preek:
Hosea sal priesters op hierdie hoogte slag
en hierdie altaar sal uitmekaar ruk vandag. (I Kon 13:1-3)
Jerobeam het sy hand uitgesteek
maar sy arm het styf vasgesteek.
Bid tog tot genade by jou Heer
dat my hand na normaal terugkeer.
en so het dit gebeur… (I Kon 13:4-6)
Koning: Kom na my huis dat ek vir jou iets skink.
Jong profeet: God se woord sê ek mag nie hier eet of drink.
Ou profeet: Kom eet by my het ‘n engel laat weet
en so het die jong profeet God se woord vergeet. (I Kon 13:15-25)
Oppad terug het ‘n leeu hom verskeur
sodat die ou profeet (en ons!) moes leer
dat hy gehoorsaam aan God se woord moet wees
en die waarheid in God se profete woord moet lees. (I Kon 13:26-32)
Maar Jerobeam het nie daaruit geleer
en hom van sy sonde bekeer:
Al het die profeet hom God se woord vertel,
het hy aangehou om priesters aan te stel. (I Kon 13:33-34)
God praat toe deur siekte van sy seun
en stuur hom vir ‘n boodskap by die Een…
My seun is siek, gaan na Silo gou.
Vermom jou dat hulle nie weet
jy is koning Jerobeam se vrou.
Gaan daar na Agija, die profeet. (Kon 14:1-3)
Agija, van ouderdom al blind
is deur God vertel sy kom oor die kind
Kom binne Jerobeam, se vrou,
maar ek het slegte nuus vir jou: (I Kon 14:4-6)
Jy moet vir Jerobeam gaan vertel
Ek het jou as koning aangestel,
maar aan My was jy nie getrou:
Jy was slegter as almal voor jou! (I Kon 14:7-9)
As jy tuiskom sal die seun sterf.
Geen nageslag sal oorbly om te erf.
In die stad sal die honde party eet
en in die veld sal roofvoëls ander vreet. (I Kon 14:10-13)
En jý, hoor jy nog God se Woord?
Is dit nog jou ware Noord?
Of luister jy eerder na ‘n ander profeet
wat jou in jou honger lok om te kom eet?
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. (Joh 1:14)
Hy die Lam van God wat jou sonde kan verskoon. (Joh 1:29)
Luister en glo, dan kry jy die ewige lewe
anders gaan jy ook voor God se oordeel bewe… (Joh 3:36)
Vertrou: God is getrou! (II Kron 13-14, I Kon 15:1-8)
Abia het pas koning van Juda geword
toe is hy in oorlog met Jerobeam gestort.
Jerobeam met agt honderd duisend man
en Abia met maar die helfte daarvan. (II Kron 13:1-3)
God het ewige koningskap aan Dawid toevertrou
en ons is aan al sy opdragte getrou
Julle is wel baie in getal,
met julle kalwer beelde en al, (II Kron 13:4-9)
maar ons het die Here ons God nie verlaat:
Ons dien steeds met wierook en offer daad.
Die Here self gaan vir ons veg,
bly julle maar liewer weg! (II Kron 13:10-12)
Jerobeam het hulle van voor en agter bedreig,
maar Abia se gebede het na God opgestyg
en so het hulle ‘n groot slagting aangerig:
Vyfhonderd duisend gesneuweldes, die gesig… (II Kron 13:13-17)
Juda het so die oorhand gekry
met stede Bet-El, Jesana en Efron daarby,
want hulle het gesteun op die Heer
en die God van hulle voorvaders geëer. (II Kron 13:18-19)
En so na twee en twintig jaar
was Jerobeam se lewe klaar… (I Kon 14:20)
Getalle is nie hoe God oorwinnings bou:
Hy het Seun alleen gestuur as mens, onthou,
om finaal die oorlog te wen vir my en jou.
So in jou stryd moet jy op Hom vertrou!
As Hy, as een mens op aarde dít kon vermag,
dink net wat jy by Sy wederkoms kan verwag:
Want dan kom oorwin Hy die dier met ‘n leërskaar
en so sal Hy jou en my vir Hom vergaar. (Op 19:19)
koning na koning roep na ‘n Koning! (I Kon 15:25-16:14)
Jerobeam se seun Nadab het twee jaar regeer.
Hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Heer.
Baesa het hom vermoor en so koningskap gekry
en nie een van Jerobeam se nageslag het lewend gebly. (I Kon 15:25-32)
Baesa het vier en twintig jaar regeer
Hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Heer. (I Kon 15:33-34)
Toe stuur die Here Jehu, die profeet.
“Die woord van die Here moet jy weet:
Ek het jou uit die stof opgetel
en as heerser van Israel aangestel.
Honde en roofvoëls sal jou ook vreet!” (I Kon 16:1-4)
Na Baesa toe sterf,
het sy seun Ela die koningskap geërf
Hy het net twee jaar regeer,
toe vermoor Simri hom weer (I Kon 16:6-10)
Hy het Baesa se hele nageslag vermoor –
geen bloedverwante of raadgewers was oor.
Hulle moes deel in hierdie smart,
want hulle het God uitgetart… (I Kon 16:11-14)
Koning op koning doen verkeerd in die oë van die Heer.
‘n Soeke na Een wat waarlik kan regeer
Kom, Here, Jesus, kom o Heer
Aan U kom toe alle lof en eer!
Verkeerd in die oë van die Heer (I Kon 16:15-34)
Simri het net sewe dae geregeer
Want hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Heer
Omri beleer toe Simri se stad met die volk aan sy kant.
Simri het die paleis op homself afgebrand. (I Kon 16:15-21)
Omri het twaalf jaar geregeer
En gedoen wat verkeerd is in die oë van die Heer
Hy het wel dapper geveg,
Maar sy afgode was vir God baie sleg. (I Kon 16:22-28)
Sy seun Agab het twee en twintig jaar geregeer
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Heer
Hy het met Isebel, dogter van koning Etbaäl, getrou
en die god Baäl begin dien en hom aanbid en vertrou. (I Kon 16:29-33)
Giël, van Bet-El, het die stad Jerigo weer opgebou.
Hy het die fondamente daarvan gelê
toe sterf sy oudste seun, want Josua het so gesê
Hy het die poortdeure opgehang
Toe sterf sy jongste, soos die profesie verlang.
Dis wat gebeur as jy God se beloftes nie onthou…(I Kon 16:34)
Dink jy, jy is nie soos die konings hierbo,
Pasop, Romeine drie beskryf jou so:
Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een! (Rom 3:10)
Almal verdien om in ewige straf te ween.
Jy verbreek elke dag sy gebod
en ontbreek so aan die heerlikheid van God (Rom 3:23)
Jy doen wat verkeerd is in die oë van die Heer
Val in skuld erkenning voor Hom neer!
God red deur gebed (I Kon 17)
Agab, so seker as die Here leef
Vir wie se diens ek streef
Julle sal geen dou of reën hê
behalwe as ek so sê (I Kon 17:1)
Gaan versteek jou by Kritspruit se draai
Daar sal ek jou versorg met ‘n kraai.
Hy het gedoen soos die Here aan hom opgedra het
En oorleef omdat die kraaie brood en vleis aangedra het (I Kon 17:2-7)
By Sarfat wag daar vir jou ’n weduwee
Vra haar om vir jou water en brood te gee
EK het net ’n handvol meel en bietjie olie in die kan
Die houtjies is vir ons laaste maal voor ons doodgaan (I Kon 17:8-12)
Maak eers vir my ’n roosterkoek
Daarna hoef jy nie kos vir jou seuntjie te soek
Want die meel in jou kruik sal nie opraak
En die olie in die kan nie minder raak (I Kon 17:13-16)
Man van God, is my sonde nie vergeef?
Here, U het ’n ramp gebring hier waar ek bly
Laat hierdie kind tog weer lewe kry!
Moeder, kyk! Jou seuntjie leef!” (I Kon 17:17-23)
Julle moet julle sonde teenoor mekaar bely
En vir mekaar bid en so gesondheid kry.
Jy moet besef dat die gelowige se gebed
‘n kragtige uitwerking het (Jak 5:16)
Elia het gebid dat dit ophou reën
Vir drie jaar het geen donder gedreun
Toe hy weer bid het die hemel reën gegee (Jak 5:17)
Deur gebed sal God vir jou uitkoms gee.
Jerobeam II (II Kon 14:23-29)
Hy het die vyand oorwin
en hul grond so herwin.
‘n Tyd van weelde en ryk –
oral het winterhuise gepryk.
Maar jul moet jul bekeer:
Gedoen wat verkeerd
in die oë van die Heer!
Ook die konings daarna
is dieselfde aangekla
Ja, die volk in die Noord
was teen God se Woord.
Wat moet jy hieruit leer?
Jý moet jou bekeer:
Gedoen wat verkeerd
in die oë van die Heer!
Noordelike ryk se einde (II Kon 17)
Samaria is drie jaar lank beleër,
maar hul kon die ballingskap nie keer,
want hul wou nie by die profete leer
en het hulle ander gode bly vereer.
“Julle het die stinkende afgode bly dien
en so hierdie swaar straf verdien!” (II Kon 17:5,7,12,18)
Die Suidelike Ryk vervolg. (II Kron 26-30)
Ussia was sestien toe, Amasia sy pa,
se sterwe hom laat opvolg as koning.
Onder die goeie invloed van sy ma,
het Hy gesoek na God se wil en woning.
Ussia het forte en versterkings gebou
met ‘n leër geveg en sy land behou.
Aan die einde het hy self die offer gemaak
en God het hom met melaatsheid geraak.
Jotam het aan die tempel gebou
en sy hele lewe op God bly vertrou.
Agas se lewe was ‘n skandaal:
Hy het selfs offers gebring aan Baäl.
God het toe die vyand gestuur –
Juda moes verskeie nederlae verduur.
Koning Hiskia bring weer lig (II Kron 29,30).
Koning Hiskia het regeer
volgens die wil van die Heer.
Hy het die tempel herstel
en die volk van God vertel.
Met ‘n vreugdelied van die lier
het hulle weer Paasfees gevier.
Jesaja se gebed tot die Heer,
het die rigting van die son beheer.
Vir Hiskia was dit die teken gewees:
Jy is van jou siekte genees!
Manasse (II Kron 33)
Hy het gedoen al wat verkeerd is in God se oog:
Altare vir die Baäls opgerig, gewyde pale hoog.
Hake is deur sy neus gesteek.
Vasgeboei, sy mag verbreek.
In sy pyn en swaar, so bleek,
het hy God om genade gesmeek.
God het sy gebede verstaan.
Hy kon terug na sy land toe gaan.
Hy het toe geweet die Here is God
en lewe verder volgens sy gebod!
Die val van Jerusalem (II Kon 25; II Kron 36; Jer 39 en 52).
Jongman, grysaard, selfs invalide nie ontsien,
ja, tot in die heiligdom het hul die dood gesien.
Die heilige voorwerpe is saam na die vreemde land.
Die tempel van die Here is heeltemal afgebrand.
Vreeslik baie is wreed vermoor:
Net Vierduisend seshonderd vir ballingskap oor (Jer 52:30).
Jeremia se profesie het verklaar:
In ballingskap vir sewentig jaar.
