Matteus – Koninkryk
Hy is die Messias soos voorspel –
vervulde profesië het dit vertel.
Sy koninkryk sal soos ‘n net uitsprei.
Bly soek om dié waardevolle skat te kry.
(Matt 16:16-19)

“In die hemel en op aarde het Ek alle mag,
vertel daarvan deur die Gees se krag.”
(Matt 28:18-20)
Markus – Dienaar
Dat Hy God is, is geen leuen,
by Sy doop: “Dit is My Seun.”
Hy het Sy gehoorsaamheid gewys:
Dienaar tot selfs aan die kruis.
(Mark 10:43-45)

Dien ook so, dit moet jy hoor,
al moet jy jou lewe vir Hom verloor!
(Mark 8:34-37)
Lukas – Verlorenes
Jesus is gebore,
Engele sing in kore!
Die verlore munt, -skaap en -seun gelykenis,
sê God het gekom om te red – verlorenes.
(Luk 1:3,4)

As ek na die hemel vaar –
aan God’s regterhand sit Ek daar –
en los Ek die Heilige Gees,
om altyd by julle te wees. Kern verse
(Luk 19:10)
Johannes – Glo
Die Woord het vlees geword en by ons kom woon,
as Seun van God, moet jy Hom nie verloën.
(Joh 1:11-13)

God het Sy liefde vir die wêreld gewys
deur Sy enigste Seun te gee vir die kruis.
Nou is dié wat glo, nie verlore,
maar vir die ewige lewe beskore!
(Joh 20:30,31)
Handelinge – Getuies
Ek sal altyd by julle wees
met die uitstorting van My Gees.
As getuies moet jul My boodskap bring,
in altyd wyer wordende kring.
(Hand 1:8)

Die eerste gemeente was eensgesind,
jy het hul gereeld in gebed gevind… Kern verse
(Hand 2:42-47)
Romeine – Regverdigmaking
Alle mense het afgedwaal,
God gaan straf – dit is bepaal…
(Rom 1:16,17)

Versoening is bewerk vir dié wat glo,
nou kan jy leef met die oog na bo.
Ons word nou beheers deur die Gees,
as God vir ons is – wie kan teen ons wees? Kern verse
(Rom 3:21-25)
I Korinthiërs – Liefde
Immoraliteit en verdeeldheid word in julle gelees,
Korinthe, julle moet Christus-getuies wees.
Jy is ‘n tempel van die Heilige Gees,
as jy versoek word sal Hy by jou wees.
(1 Kor 6:19-20)

Al het ek die geloof om berge te versit,
sonder ware liefde het dit geen nut.
(I Kor 10:12-13)
II Korinthiërs – Verbond
Die nuwe verbond: ons brief op julle hart.
Hou jou oog op die beloftes in jou smart:
gekruisig om versoen met Hom te wees.
Jy leef ‘n nuwe lewe- in die Gees.

Kernverse:
II Kor 4:5-6
II Kor 5:17-19
Galasiërs – Vryheid
Die wat glo is nie meer onder die wet,
jy is deur geloof alleen gered.
(Gal 2:20,21)

Hoe moet mens dié vryheid lees?
Gelowiges vertoon die vrug van die Gees.
(Gal 5:1)
Efesiërs – Liggaam
Christus is die hoof van Sy kerk.
Ons moet as lede van Sy liggaam werk.
Jul is nou met Christus een –
hy is die kerk se belangrikste steen.
(Ef 2:8-10)

Om in jul pos te kan bly staan,
trek God se wapenrusting aan. Kern verse
(Ef 4:1-3)
Filippense – Wees bly
Om te lewe in Christus is nou die kuns,
dan is om te sterwe vir my ‘n wins.
Aardse bates is nou waardeloos,
uitstrek na die wenstreep is my troos.
(Fil 1:21)

Wees altyd bly in die Here, ja wees bly.
Kom in gebed, smeking en dank na My,
en vrede, wat alle verstand oortref, sal jy kry.
(Fil 4:12)
Kolossense – Nuwe lewe
Ons het saam met Christus opgestaan,
ons leef nou ‘n nuwe-lewe bestaan.
In kennis van ons Skepper, nie meer ‘n leek,
met die sondige mens en begeertes gebreek.
(Kol 2:9,10)

In Jesus Christus is ons veilig,
alle verhoudings is nou geheilig.
(Kol 3:1,2)
I Tessalonisense – Wederkoms
Die Here sal uit die hemel daal,
om ons na Hom te kom haal.
(I Tes 3:12-13)

Hy kom onverwags: soos ‘n dief in die nag.
Leef heilig, terwyl jy vir Hom wag.
(I Tes 4:16-18)
II Tessalonisense – Oordeelsdag
Oordeel op die Here se dag.
Ewige verdoemenis – weg van Sy prag.
Die waarsku-teken wat julle het:
die voorgee-god sal hom verset.
(II Tes 2:2-3)

Jy is deur God uitverkies, gered,
deur Sy Gees afgesonder: dankgebed!
(II Tes 3:5-6)
I Timoteus – Advies
Die gemeente is die beskermer van die Waarheid,
kies daarom die regte ouderlinge en diakens uit.
(I Tim 3:15-16)

Jy, man van God, streef na wat die Woord ons wys,
in die geloofswedloop: is die ewige lewe die prys!
(I Tim 6:11-12)
II Timoteus – Aanhou
Uithou en aanhou soos ‘n soldaat,
Timoteus, want ek gaan julle verlaat.
(II Tim 2:3-4)

Bly by alles wat jy geleer het en glo,
die Skrif is volledig geïnspireer van Bo.
(II Tim 3:14-17)
Titus – Woord
Stel in elke gemeente ouderlinge aan.
Jy moet alle mense liefdevol vermaan.
(Titus 1:5)

Die betroubare Woord – verkondig dit in jou kerk,
dit is die basis vir onderlinge nuttige werk.
(Titus 3:8)
Filemon – Slaaf
Ek stuur jou slaaf na jou toe terug.
Ontvang Hom as broer, dit dra gewig:
Christus het jou uit die sondeslawerny
as broer aangeneem – jy is nou vry!
(Fil 1:16,17)

Hebreërs – Volmaak
Jesus Christus is God se volmaakte kommunikasie,
maak vandag nog in jou lewe daarvoor spasie.
Die volmaakte Hoëpriester het die offer gebring,
in gebed kan jy die allerheiligste binnedring.
(Heb 4:14-16)

Die skare van gelowiges: so moet jy vasbyt,
hou jou oog op Christus en volhard enduit. Kern verse
(Heb 12:1,2)
Jakobus – Dade
Wees gewillig om te luister,
moenie te gou begin praat.
(Jak 1:19-22)

Jy wat verlos is van die duister,
jou geloof wys in jou daad. Kern verse
(Jak 2:14-17)
I Petrus – Lyding
In swaarkry, Christen, hoe reageer jy?
Wees bly as jy vir Christus kan ly.
(I Pet 1:10-12)

Christus se swaarky is ‘n model vir my,
met die wederkoms sal ek my verbly.
(I Pet 4:12-13)
II Petrus – Vals profeet
Geen profesie word op eie insig uitgelê.
Die Heilige Gees lei predikers wat om te sê.
Waak teen die valse profeet,
wat die waarheid is, moet jy weet.
(II Pet 1:20-21)

Wanneer kom die Here dan weer?
Hy wag geduldig dat almal hul bekeer.
Hy kom soos ‘n dief in die nag,
leef só asof jy Hom nou verwag.
(II Pet 3:9-11)
I Johannes – Kind van God
Johannes: ons het Hom gehoor en gesien.
Hy het die ewige lewe vir jou verdien.
Ek skryf vir jou dat jy kan weet:
as jy dit glo, “kind van God”, sal jy heet!
(I Jon 1:3-4)

Dít is die groot liefde van die Vader:
as Sy kind, roep Hy jou nader.
(I Joh 5:1-14)
II Johannes – Antichris
Liewe uitverkore vrou en haar kind,
in God se gebooie sal jy liefde vind.
Jy kan die antichris so herken:
Jesus se menswording sal hy ontken.
(II Joh 1:9-10)

III Johannes – Gasvry
Liewe Gaius, doen goed en wees gasvry –
laat die sendelinge in jou huis oorbly.
(III Joh 1:11)

Judas – Dwaal
Sleg soos Kain, Bileam en Korag, is hy
die dwaalleraar: in die ewige oordeel sal hy bly.
Leef in jou geloof en bid deur die Gees,
die ewige lewe moet jou verwagting wees!
(Jud 1:3)

Openbaring – Oorwinning
Op Patmos het Johannes die openbaring ontvang,
‘n troosboodskap vir gelowiges – vervolg en bang.
(Op 1:19)

Jesus Christus sal die Satan finaal oorwin.
Julle gaan vir ewig in die nuwe stad in.
Jy kan kom aansit by Sy bruilofsmaal,
verniet kan jy water van lewe kom haal.
Kom Here Jesus, ja kom gou!
Sy genade is by my en by jou…
(Op 19:11)
