Genesis

In Genesis een tot elf,
kan jy gerus maar delf.

Daar was vier oer gebeure:
Skepping, sondeval,
vloed en toringmal.

In die res van die boek
kan jy ook maar soek.

Daar was vier groot here:
Abraham, as volksvader geag.
Isak amper as lam geslag.
Jakob van bedrieg na eer.
Josef leer God in beheer.

Maar as jy die kern soek
van hierdie eerste boek:

Die God wat alles maak,
het betrokke geraak
en ‘n verbond gegee,
met beloftes daarmee:

Hy het beloof ‘n land
en kinders soos sand.
Vir die nasies tot seën,
deur Christus alleen!