O God, U het ons hier vergader,
om in gebed tot U te nader.
Ons wil dissipelmakers bedien,
laat ons die werk van U, O Gees sien.
O Wingerdstok, ons wil in U bly
Laat U woorde ons hart bevry.
U het beloof ons kan vra net wat ons wil hê,
en U sal ons dit nie ontsê:
Maak ons, U dissipels, se vrugte meer
en dit alles net tot U, ons Vader, se eer. (Joh 15:7-8)
Ons is ‘n klein groepie lote hier.
Ook ons is twee-twee gestuur.
Die wingerdstok se oes is groot,
die werkers is min en aan wolwe ontbloot… (Luk 10:1-2)
Daarom bid ons dringend, in hierdie uur,
dat U werkers vir die oes sal stuur.
Ja, Here, lammers wat in afhanklikheid sal gaan
agter die enigste ware Herder aan. (Luk 10:3-4)
Ons bid dat U ons persone van vrede sal wys
as ons uitroep: “Vrede in hierdie huis!”
Laat ons daar bly om die lote te snoei,
want dis waar U bloeisels wil laat groei. (Luk 10:5-6)
U het reeds daar die grond voorberei.
Ons sal daar ook U versorging vir ons kry.
U wil dat ons U saad net daar saai,
want so gaan ons honderdvoudig maai. (Luk 10:7, Mat 13:8)
Vir ons as lammers om Satan te weerstaan,
trek ons U volle wapenrusting aan:
Met die Woord, die swaard van die Gees,
laat die skoene aan ons voete oppad wees! (Ef 6)