Woord gebed: II Pet 1:3-11

O God, ek bid vir hulle wat U dien,
dat hulle in twee Petrus een sal sien:

U krag het ons alles gegee om te wen.
Dié gawes kom deurdat ons U ken.
Daardeur kan ons die verderf ontvlug
en kry ons die Goddelike natuur terug. (II Pet 1:3,4)

Daarom, werp ons alles in die stryd
om ons geloof te verryk met deugsaamheid.
O, God ook met kennis en selfbeersing,
en laat dit weer lei na volharding
en volharding na godsvrug
en bring dan die liefde terug. (II Pet 1:5-7)

Laat ons dit alles besit en maak dit meer,
en laat ons met ywer en vrug van Jesus leer.
As ons dit alles nie ons eie maak, is ons kort van sig:
en vergeet ons dat ons van sonde gereinig is… (II Pet 1:8-9)

Ons loof U vir die guns aan ons bewys:
dat U ons verkies en geroep het, na U huis,
waar ons feestelike toegang sal kry
en in U ewige koninkryk sal bly. (II Pet 1:10-11)