Nog ‘n lewensjaar is verby
met ‘n wondervrou aan my sy.
‘n Voorbeeld in Woord en gebed,
is die wondervrou wat ek het,
As die kinders in die nag ronddwaal,
sal haar omgee whatsappeies nie faal.
Haar gym voorbeeld bly motiveer
Vir my boepie, ai hoeveel keer…
Ek dank U o genadige Heer,
want deur haar is ek bekeer.
In haar het ek alles wat ek begeer:
Aan U kom die lof toe my Heer!