In vandag se gejaagde lewe, wil my moed my amper begewe: Almal jaag net na groter wins. Koud en hard is nie meer ‘n kuns. Aandele, bonusse en ‘n groter pakket – Net beskore vir die wat reeds baie het… Meer met minder, groter effektiwiteit met afleggings ‘n groot waarskynlikheid Die maalkolk suig ons na binne – Hoe bly ons by ons sinne? |
|
Spr 6:5-11 |
Net soos Spreuke se besige mier, so hardloop ons deesdae hier: holderste bolder, ja, winter-bang vir die werkgewer-koue wat wil vang! |
Ps19:1-7 |
As mens die werk van God aanskou dan begin die ding homself ontvou. Die hemel getuig van Sy grote mag, dag en nag praat net van Sy krag. |
Ps 19:8-12 |
Volmaak is die Here se boek, selfs soeter as ‘n heuningkoek! Met die kompas van die Woord, soek ek na “werk” se ware noord: |
Gen 1:28 Gen 3:19 |
Reeds in die paradys uit God se mond: “Vermeerder, bewoon en werk die grond” Wie sal die opdrag na die val vergeet: “Net deur harde werk sal jy kan eet” |
Pred 1:14 |
Waar is dan “werk” se kruks? Prediker: “Alles kom tot niks?” Nee, ek is seker daar is meer om uit God se Woord te leer… |
Ex 20:9 |
Die woorde van die wet is sterk: “Ses dae moet jy arbei en werk, maar die sewende is vir jou rus” Trooswoorde wat ons te maklik mis? |
Ps 127:1,2 1 Kor 10:31 |
Vergeefs werk die wat bou As hulle nie op God vertrou! Doen alles net tot God se eer, dan sal kommer jou nie verteer. |
1 Kor 15:53-58 |
Die dood se angel is oorwin, nou maak werk-vrae baie sin: moenie laat jou moed jou begewe, want daar kom ‘n ewige lewe! |
Ef 4:20-28 en 2 Tes 3:6-13 |
Omdat ons nou in Jesus Christus glo, verander die ou sondige lewe so: maak julle gees en gedagte nuut – werk en gee vir die arme verniet! |
So, in vandag se gejaagde lewe – rus goed op dag nommer sewe. Werk dan voluit tot God se eer, en hou moed – Hy kom weer! |
Leave a Reply