Wêreldbeker, die hoop is seker

Ons sien soms net die struikelblokke raak,
maar vir Cheslin maak hulle nie saak.
Vir sy geneesde enkel kry God die eer
en kan kan niemand sy systap keer!

Die eindfluitjie blaas – wat ‘n gejuig!
Cheslin het onmiddelik neergebuig.
Siya omhels hom toe ook daar
Nie almal het dié gebed gewaar…

Niemand het dit uitgewys
maar Siya soen die kruis

Ons het ‘n regtig ‘n stukkende land,
maar Siya skryf “Jesus” op sy band:
In eenheid het sy span gespeel
en in die wenonderhoud hoop gedeel.

En jy? Maak jy nog tyd
om in jou daaglikse stryd
God vir alles te eer
Sak jý nog op jou knieë neer?

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading