Wees bly as jy ly

Wat se raad het jy vir my
terwyl ek so swaar moet kry?

My broer en suster, wees bly
as jy onder beproewings ly. (Jak 1:2)

Wat is dit vir raad –
Jy seker nie waarvan jy praat!

As jy die geloofstoets deurstaan,
lei dit tot ‘n ryper geestelike bestaan. (Jak 1:3-4)
Glo in God, glo ook in My –
so kan jy in swaarkry vrede kry. (Joh 14:1,27)

Dis makliker gesê as gedaan:
As jy in mý skoene was sou jy verstaan…

As jy wysheid kort vir dit,
moet jy dit van God af bid.
As jy nie twyfel daarmee,
sal God dit vir jou gee (Jak 1:5-8, Mat 7:7-8).

Ek het hom nou vir uitkoms gevra
maar wat ek ek nou bydra?

Ons is vrygespreek deur die geloof
daarom kan ons vasstaan in wat Hy beloof.
Ons verdien dit nie met dade,
maar het vrye toegang uit genade.
Ons kan in swaarky ons verheug en sing
want ons weet dat dit volharding bring. (Rom 5:1-3).

Maar ek het alles verloor –
Hoe begin ek weer voor?

Al het jy al jou besittings verloor,
het jy die beter en blywende Een oor.
Al is jy deur ander verkul,
doen volhardend God se wil.
Behou jou vertroue en geloof
dan ontvang jy wat Hy beloof. (Heb 10:34-36).

Die siekte het my so uitgeteer,
ek kan amper net nie meer…

Al het jou gesondheid verwelk
en verdor jou blommekelk,
staan volhardend stewig:
God se woord bly vir ewig (Jes 40:6-8).

Ek dink ek begin verstaan
dat ek in Hom vas kan staan…

Gelukkig is hy wat in versoeking standvastig bly:
Hy sal as oorwinningsprys die lewe kry. (Kol 1:11-12, Heb 10:34-36)

O God in my swaarky is ek bly,
want ek het U vrede gekry.
U het die ewige lewe vir my beloof
en daarom kan ek U nou al loof!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading