Wedergebore, nie verlore

Van Jesus se tekens het baie tot geloof gekom,
maar hierdie woorde het my verstom:
“maar Jesus het Hom aan hulle nie toevertrou,
want Hy het geweet wat die mense se hart inhou”(Joh 2:23-25)

Here God, daar is so baie mense wat sê hulle glo, maar nie werklik glo nie, want hulle is nie wedergebore nie. Hulle is eintlik nog blind en sien U heerlikheid nie. Open hulle oë, as hulle hierdie voorbeeld van een so man, Nikodeums sien, o God. Amen

‘n Man het die naam Nikodemus gehad.
Hy was ‘n Farisëer en lid van die Joodse Raad.
Hy sê toe vir Jesus: “U wondertekens verstom –
U moet ‘n leermeester wees wat van God af kom? “(Joh 3:1-2)

“As iemand nie opnuut gebore word,”
(dis nie iets wat jy kan verdien)
“kan hy nie die koninkryk van God sien.”
(die Gees moet dit in jou uitstort) (Joh 3:3)

“Dit kan tog nie moontlik wees wat U leer,
om na my moeder se skoot terug te keer?” (Joh 3:4)

“Word jy nie uit water en Gees gebore,
is jy vir My koninkryk verlore.
Van die wind van die Gees moet jy verstaan:
Hy waai waar Hy wil, jy weet nie waar Hy gaan.” (Joh 3:5-8)

Nikodeums vra toe:
“Maar hoe?” (Joh 3:5:9)

“Jy wat as leermeester bekend staan,
maar nie werklik sien en verstaan:
Die aardse dinge kon jy nie eers glo,
wat nog van die hemelse daarbo? (Joh 3:10-12)

Jy ken mos die verhaal
van die slang op die paal:”
Die volk was ongeduldig en het teen God uitgevaar:
“Ons is sat van die slegte manna wat ons moet vergaar!” (Num 21:4-5)

(Hulle kon eenvoudig net nie sien
dis seën uit die hemel onverdien.)

Die Here het giftige slange gestuur,
baie gepiktes sterf toe in daardie uur.
Moses, ons het sonde gedoen –
bid tog dat ons met God versoen! (Num 21:6-7)

“Maak ‘n beeld van ‘n slang en hang dit aan ‘n paal:
Die wat daarna opkyk, sal weer die lewe behaal.”
Die wat daarna opgekyk het, het bly leef.
Hulle sonde van vroeër is vergeef. (Num 21:8-9)

“Netso, Nikodemus, moet die Seun van die mens
verhoog word, dit is my Vader se wens,
sodat elkeen wat My werklik sien en glo,
die ewige lewe kan hê, met My daarbo!” (Joh 3:14-15)

Liewe leser, is jy sterwend van die slang se pik?
Jesus het Hom vir jou verneder tot ‘n slang
en vir jou aan ‘n kruishout gaan hang.
Kyk op, sien en glo, dit bring ewige geluk!

Wedergebore
Nie verlore!

Leave a Reply

Discover more from Tot U eer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading