Water

Gen 1
Op dag drie kom tot stand:
Water geskei van sand.

Gen 7
Vir veertig dae het dit gereën:
Net Noag is gered en geseën

Gen 21
Hagar voel die lewe het nie nut,
maar God vul haar velsak by ‘n put.

Gen 24
Isak se getroue slaaf,
word deur Rebekka by ‘n put gelaaf.

Ex 14
Israel trek droogvoet deur,
maar Egiptenare word meegsleur

Ex 17
Die volk het met Moses gebots,
hy slaan toe water uit ‘n rots.

Rig 17
Gideon kies die wat kniel:
Dit was driehonderd siel.

I Kon 17
Elia kondig droogte aan,
en kraaie sorg dat hy nie vergaan.

Jes 31
Met sy mantel kloof Elia die Jordaan,
Elisa doen dieselfde om in sy plek te staan.

Jes 55
Kom almal wat dors deur die lewe loop,
julle kan water sonder geld kom koop.

Jes 57
Die goddelose is soos ‘n ontstuimige see
en daardie golwe bring slyk en modder mee.

Jer 2
My volk het die bron van lewende water verlaat
en hule vertroue op gebarste klipbakke gelaat.

Ps 23
Hy laat my rus in groen weiveld,
Hy bring my by waters waar vrede geld.

Ps 42
Soos ‘n wildsbok smag na watergenot,
so smag ek na U, o God.

Mat 3
Ek doop julle wel met water,
maar Hy kom doop met die Heilige Gees, later.

Mat 14
Jesus stap na sy dissipels op die see,
Petrus probeer maar sy geloof gee mee.

Joh 4
Jesus vra water van ‘n Samaritaan
en wys die pad van lewende water aan.

Joh 19
Aan die kruis se Hy: Ek is dors,
maar suurwyn brand in Sy bors.

Jud 1
Die goddelose is woeste golwe van die see,
soos skuim wat spat is hul skandelike weë.

Op 21
Johannes het na die nuwe aarde gestaar:
Die see was nie meer daar!

Op 22
Die water van die lewe was soos kristal
en die boom dra vrugte op sy wal.

“Kom!” sê die Gees en die bruid
“as jy dors het”, klink dit luid!