Wat bou jy?

Dit het die Here bedroef gemaak
om te sien hoe sleg het die mens geraak.
“Ek sal die mens van die aarde af vee
en so ook die diere daarmee.” (Gen 6:5-8)

God het eers gewaarsku en geduld gehad (II Pet 2:5)
maar daarna sy donderstem losgelaat. (Job 36:22-3, 37:1-5, 11-13)
Maar God het Noag genade bewys
en in geloof bou hy ‘n drywende huis. (Gen 6:8,17-20, Heb 11:7, II Tes 2:13-14)

Het jy nog nie die waarskuwing gehoor?
God se finale oordeel lê nog voor! (Matt 24:37-40, II Pet 3:7)?
Aan jou het Hy genade bewys,
waarom bou jy dan nie aan Sy huis?