Die lewe het soveel druk
en jy vind nie ware geluk.
Jy gee nou maar bes
en vou onder die stres…
Die werk word net meer en meer
Stroomversnellend meegesleur
begin jy dink:
Ek verdrink…
Jou stryd is nie teen bloed of vlees,
maar teen mag, gesag en bose gees.
Trek die volle wapenrusting aan
dis al hoe jy kan bly staan. (Ef 6:11-13)
Gaan jou lewe ook so wild?
Vat dan die geloof as skild.
Al hoe jy twyfel se pyle kan keer
is met vertroue op die Heer. (Ef 6:16)
Jy kry nie jouself of ander vergewe
en bly daarom in jou verlede lewe.
Jy vergeet van sewentig maal sewe
en so bly verwyt aan jou klewe.
Vergeet die slegte verlede
en kom terug na die hede:
Haal die Woordswaard uit sy skede
en kniel afhanklink in jou gebede. (Ef 6:17-18)
Die band van die verlede is gebreek,
jou brose hart agter die borsharnas weggesteek.
Ja, God het jou van alles vrygespreek,
jou klere in die gordel van waarheid ingesteek. (Ef 6:14)
Voel die werk steeds te veel,
meer as waarmee jy kan deel?
Sit dit alles op ‘n lys
en vra God om jou die pad te wys.
Vir alles is daar nie tyd
vra God na Sy prioriteit.
Daar waar jy werk en swoeg
weet net God waneer is dit genoeg.
Te midde van die oorlog sonder rede
bring God Sy evangelie van vrede.
Trek aan jou sending skoen
dat jy ander met God versoen. (Ef 6:16)
Te midde van lewensdruk
wag daar ware geluk.
Sy wapenrusting
bring die berusting.
Hoe lank gaan jy nog wag?
Voort stoei in eie krag?
Kom sommer nog vandag
en maak Sy wapenrusting jou drag.