Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde
hoe glansryk die hemelruim – U Naam is van onskatbare waarde! (Ps 8:2)
U kyk uit die hemel om te sien of daar iemand is wat na U wil vra
maar almal het gesondig, en sal die die straf moet dra… (Ps 14:2-4; Rom 3:11,19, Jer 14:9-14)
Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?
Vir U die alwetende is duisternis so goed soos lig!
Klim ek op na die hemel, is U daar,
wat ek gaan doen weet U al klaar. (Ps 139:7-12)
Ek bid vir vergifnis deur die krag van die Heilige Gees. (Jud 1:20)
In swakheid weet ek nie wat in my gebed moet wees,
maar die Gees se versugtende pleitrede maak die verskil:
Hy pleit vir my by God, wat harte deurgrond, volgens Sy wil. (Rom 8:26-27)
In ons land is gebed so nodig in hierdie uur
net soos die tyd toe U Jona na sy vyand toe stuur.
Die mense van Nineve het hul biddend bekeer
en U het die komende ramp gekeer! (Jona 3:7-10)
Hier waar ek op my knië voor U staan,
bied ek my gebed as wierook offer aan. (Ps 141:1-2)
O God, laat U engele die wierookbakke volmaak
en dit uitsort op die aarde vir die uitvoering van U taak. (Op 8:2-5)