Vyftig saam met vriende

En so het ek vandag verjaar –
ek is nou ‘n volle vyftig jaar.
Van my vriende was ook daar.
Herinneringe wat ek gaan bewaar…

Op so dag kyk ons saam terug.
Hier en daar moes ons sug,
maar meestal kan jy nie glo
hoeveel seëminge was daar van Bo.

Kyk ons saam na wat lê nog voor:
Die dinge in ons land lyk maar goor!
Dan is daar maar baie los drade,
wat uitroep na groot genade…

Maar as vriende in ‘n kring,
vir jou die seënbede sing
en ons om die vuur skaterlag,
kry ek sommer weer krag!

En as jou vriend uit Sagaria lees
“Met eie krag en mag sal jy nie slaag,
maar soek dit in my Gees.” (Sag 4:6)
Gaan ek oorgee en dit waag!

En as hy jou in gebed opdra
vir wat meer kan jy vra?
So ek is vandag vyftig jaar
en ek het kwaai lekker verjaar!


Posted

in

by

Tags:

Comments

Leave a Reply